Sarie

DIÉ PRODUKTE HOORT IN JOU GRIMEERSAK­KIE

-

1. Die sagte, romerige formule van die Benefit Hoola Quickie Contour Stick (R445) skakeer foutloos in. By uitsoektak­ke 7 6 van Edgars en Edgars Beauty of superbalis­t.com 2. Alicia gebruik graag dié lipstiffie om donker kringe te verbloem – Wet n Wild Mega Last Lip Colour in Bare It All (R42). By Clicks 3. Gebruik die Yves Saint Laurent Touche Éclat Face Highlighte­r Pen (R630) om skaduwees onder jou oë te verlig. By die Yves Saint Laurent Beauté Boutique in Sandton City 4. Die ligte formule van Chanel Le Correcteur Longwear Concealer (R720) kan maklik opgebou word soos nodig. By uitsoektak­ke van Woolworths 5. Dié oogskadusk­akerings pas by alle vel- en oogkleure: Clarins Ombre Satin in Purple Rain (R375) en NYX Hot Singles Eyeshadow in J’Adore (R110, by Clicks). 6. Dié maskara vorm ’n lagie om elke wimperhaar­tjie vir ekstra dikte en lengte – Sensai Mascara 38°C (R820). By uitsoektak­ke van Edgars en Dis-Chem 7. Die Max Factor Miracle Prep Eyeshadow Primer (R90) bevat ’n borseltjie vir maklike aanwending. By Clicks 8. Kies ’n grimeerkwa­ssie soos The Body Shop Eyeshadow Blending Brush (R150) om ooggrimeri­ng goed te skakeer. By Clicks 9. Essence se Long Lasting Eye Pencil in Hot Chocolate (R31) gly maklik oor die delikate oogdeel. 10. Revlon se ColorStay Browlights (R149) bevat ’n wenkbroupo­tlood en ’n kabukibors­el wat help om 8 haartjies netjies te kam en die produk foutloos in te skakeer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa