Sarie

NUUT IN BLOU

Dis dieselfde gehalte en dis nog net so lekker, maar Clover Vars Melk het ’n nuwe, vars voorkoms. Kry joune in hul splinternu­we blou bottels

-

Het jy onlangs iets blou op die melkrak in jou supermark opgemerk? Wanneer jy weer winkel toe gaan om jou bottel Clover Vars Melk te koop, wees op die uitkyk vir die nuwe ligblou bottel met nuwe illustrasi­emateriaal waarin die melk te kry is. Dit is steeds dieselfde gehalte waarop jy vertrou en waarvoor jy lief is, maar met ’n nuwe, vars voorkoms.

Ja, ook die smaak en voedingswa­arde is dieselfde, die nuwe bottel het net ’n nuwe kleur en ’n paar kosmetiese veranderin­ge.

Diegene wat minder melk gebruik, het boonop nou ’n groter keuse met die bekendstel­ling van ’n 1,5 liter-bottel Clover Vars Melk – te kry in dieselfde blou en net die regte grootte vir paartjies of klein gesinne.

Dieselfde topgehalte

Clover Vars Melk is uniek. Nie alle melk is dieselfde nie, daarom kan jy gerus wees en goed voel omdat jy die beste produk kies wat die natuur kan produseer. Alles danksy die streng toetse en vervaardig­ingsproses­se waaraan dit onderwerp word. Elke liter Clover Vars Melk gaan deur 55 toetse vir gehalte om te verseker jou melk is propvol smaak en voedingswa­arde. Plus, die melk bly langer vars!

Langer vars

Die verlengde raklewe wat Clover waarborg, maak die koop van hul vars melk ’n slim keuse. Clover maak seker jou melk bly vars van die plaas tot die tafel – en langer. ’n Belofte wat reeds begin by die manier hoe die melk in die tenk op die plaas beland, gevolg deur ’n streng suiwerings­proses en verkoeling­smetode. Clover Vars Melk kan vars bly vir tot 18 dae en die Ultra-gepasteuri­seerde Melk vir tot 30 dae vanaf die dag van verpakking.

 ??  ?? Maak dus seker jy kyk volgende keer wanneer jy winkel toe gaan uit vir jou Clover Vars Melk in die splinternu­we blou bottels!
Maak dus seker jy kyk volgende keer wanneer jy winkel toe gaan uit vir jou Clover Vars Melk in die splinternu­we blou bottels!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa