UIT Italië
Al gehoor van pistasieneutbotter? Dis ’n goeie bron van energie en heerlik anders. Probeer dit as alternatief vir grondboontjiebotter op brood of beskuitjies. Dis ook lekker op roomys! Cascina San Cassiano se glutenvrye pistasieneutbotter uit Italië is beskikbaar vanaf R124 vir ’n 140 g-potjie by uitsoek-deli’s.