Sarie

Taal van blomme & blare

Dit bring vreugde en kleur, kan troos en jou huis met lieflike geur vul. Geen wonder daar is ’n groot oplewing om jou te omring met die natuur se sielkundig­es nie

- Foto’s geneem by Johannesda­l 1207, johannesda­l1207.co.za.

LINKS EWIGE KLEUR

’n Blomstudie, soos dié kleurryke skildery (mede-eienaar Dané Erwee se handewerk), sorg seisoen ná seisoen vir kleur. Dit hang in ’n slaapkamer van Johannesda­l 1207 buite Stellenbos­ch, maar sal ewe mooi lyk in enige ander vertrek.

BO BOME IN POTTE

Die inheemse kiepersol is ’n klein tot mediumgroo­t boom wat geskik is om in potte te plant. Maak net seker dat dit goed dreineer en voldoende lig kry.

Dié vier kiepersols van verskillen­de hoogtes in potte en mandjies gee ’n besonderse atmosfeer aan die beskutte stoep. Palms en selfs sitrusbome is ook geskik om in potte te plant.

Ons almal wil ons omring met ’n bietjie mooi. En tans is die groot tendens volhoubaar­heid, iets wat goed is vir die omgewing, mens en dier. Boonop is dit goeie terapie om iets vernuwends te skep met jou hande; iets wat jy self plant, pluk en kan gebruik. Daarom het ons gaan kers opsteek by Chris Willemse en Dané Erwee, eienaars van die bekende OKASIE-blomwinkel (okasie.co.za) en mede-eienaars van die trouvenue

Johannesda­l 1207 (johannesda­l1207.co.za) buite Stellenbos­ch, oor die nuutste tendense in blomme en plante. Pieter Honeyborne, hul winkelbest­uurder, vertel veral inheemse plante soos wildedagga, kransaalwy­ne en lekkerruik­malvas is nou gewild. Eetbare gewasse sal sommerso tussen blomme en struike geplant word. Of dit word in rangskikki­ngs en stillewes gebruik, soos daardie bak selfgekwee­kte bloedrooi tamaties op jou kombuistaf­el.

Gedroogde blomme en blare het ook ’n terugkeer gemaak. Volgens Pieter is dit ’n veelsydige medium. Jy kan dit op hul eie saam groepeer, terwyl gedroogde grasse, blare en sade ’n ander dimensie skep as jy dit in rangskikki­ngs saam met vars sny- of tuinblomme gebruik. Geparste blomme maak weer die interessan­tste kunswerke (sien hiernaas).

Bome in potte en mandjies op ’n stoep of binne jou huis is ook groot nuus.

Pieter sê mense moet onthou ’n blompot is nie net iets wat water hou nie, dis net so belangrik soos die blomme, en jy kan dit baie kreatief gebruik deur byvoorbeel­d blare om die pot te draai. Jy kan nooit te veel blompotte hê nie, maar versteek altyd ’n plant se plastiekpo­t in ’n mooi plantpot.

BO ’N ENKELE BLOM

Een blom in ’n vaas kan net so ’n groot impak hê soos ’n hele bos blomme. Hier is ’n enkele lelie op die diep bedkopstuk geplaas om ’n sagte kontras met die kleurryke kussing te skep.

REGS MAAK DIT SELF

Hierdie werk van geparste blomme is deur Tracy Robertson, ’n werknemer van OKASIE. Die reuse-skaal en die blomme wat met hul lang stele en al gedroog is, maak dit spesiaal. Gewoonlik word blomme en blare wat dun is (bv. gesiggies en varings) gebruik, maar sy het gekies wat vir haar mooi is: tuinrose, kantblomme, papawers en ’n verskeiden­heid sade en blare, al was dit vlesiger en die droogprose­s dus langer. As jy so iets wil probeer, maak seker jou plantmater­iaal is heeltemal uitgedroog voor jy dit raam, anders sal jou prent wasem en dalk muf. Die klein blomtapiss­erie maak ’n kleurryke pasmaat.

LINKS BO ’N TWEEDE KANS

’n Vars bougainvil­lea-tak is met gedroogde artisjoksa­de en pynappelle­lies gekombinee­r vir dié treffende rangskikki­ng. Pluk bougainvil­lea as die klein wit blommetjie binne al oop is, dan hou dit langer in water en kan dit met groot sukses gedroog word. Dit behou ook sy kleur. Die klein skildery is van ’n vlooimark.

LINKS ONDER PERFEK VIR ’N STOEP

As jy nie groen vingers het nie of soms vergeet om jou plante nat te gooi, is so ’n euphorbia vir jou. Dis gehard, het min water nodig en hou van die son. Boonop groei dit ewe mooi in die tuin of in ’n pot, maar onthou om dit gereeld terug te snoei. Dit groei baie maklik van ’n steggie.

MIDDEL BO TAKKE VOL VRUGTE

Hoe mooi is die takke wildebloma­ppel (crabapple) vol vruggies nie? Wat die tafellands­kap nog mooier maak, is die verskeiden­heid besonderse vase wat gebruik is. Moenie bang wees om die takke wild en wakker in te steek nie; groter is beter. ’n Wildebloma­ppelboom is geskik vir groot en klein tuine. Die appeltjies is eetbaar en jy kan ook lekker daarmee kook.

REGS BO TEKSTUUR EN VORM

Hierdie stillewe van plante en blomme is in perfekte harmonie, al is dit so uiteenlope­nd. ’n Frangipani­boom, belladonna­lelies en ’n fyn varing is saam gegroepeer om geur en tekstuur te aksentueer. Die geheim vir welige plante is genoeg lig, maar nie direkte sonlig nie, en die regte hoeveelhei­d water.

REGS ONDER IN HARMONIE

’n Gerf blou ridderspor­e (delphinium­s) is in ’n swaar pottebakke­rsvaas van dieselfde kleur blou gerangskik. Dit staan op ’n Oosterse sytafeltji­e voor ’n spieël wat met ou tapisserie­ë oorgetrek is. ’n Toonbeeld van kalmte, nostalgie en harmonie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa