Sarie

Rover laat mense glimlag

-

Twee kreatiewe sussies, tyd tot hul beskikking en ’n hond wat “meer mens as hond” is . . . Dit kon eintlik nie anders nie, Rover moes sy eie Instagramb­lad kry. En so is @rover_the_ airdale geskep, met honde-volgelinge van oor die wêreld heen, van China tot Amerika.

Aan foto’s van hul driejarige airedale-terriër het Jana en Karla Visser van Stellenbos­ch geen tekort nie. En Rover is altyd bereid om te poseer. Soos Jana, wat sy teks skryf, sê: “Hy’s dol op die kamera. En daai gesig . . . Dis sy superpower.”

Rover se lyftaal sê wat mense voel, meen Karla. “Deur hom kon ons ons frustrasie­s tydens lockdown op ’n humoristie­se manier uitbeeld en mense laat glimlag. Hy het soveel persoonlik­heid, hy sit selfs op sy eie stoel aan tafel – hy mag wel nie eet aan tafel nie!”

Dit was vir hulle lekker om só koppe bymekaar te kon sit. Karla studeer as sjef aan die ICA op Stellenbos­ch. En Jana, ’n tekstielku­nstenaar, het huis toe gekom nadat onderhoude vir haar meestersgr­aad aan die LUCA-kunsskool in Gent, België, weens die pandemie uitgestel is. Die blad sal voortleef, al gaan sy terug. “Dis ’n stukkie humor in die dag – selfs van ons vriende se ma’s volg hom.” En dis die ideale teenmiddel as jy huis toe verlang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa