Sarie

Virtuele koffieklet­se verander my dag

- Nelia Vivier-Symington FOTO YOLANDE BEUKMAN

In die grendeltyd, toe almal gesmag het na ’n koppie koffie saam met ’n vriendin, het Nelia Vivier-Symington, aanlyn tutor en konsultant, Zoom begin inspan vir koffiekuie­rs. Nou het sy gereeld aanlyn koffieklet­se – met die plan om dit uit te brei. Die reëls: Dit duur 20 minute, jy móét opdress, met iets te ete en blomme daarby.

Dit het alles begin toe Nelia se Russiese kliënt Evgeniya Zavernyaev­a, wat in Frankryk woon, haar vra: Kan ek jou nie bel nie? “Ons het begin gesels. Dit het vir ons albei baie beteken. Ek kan nie my pêlle sien nie, ek het diabetes en sal nog lank tuis moet bly. Evgeniya het corona opgedoen en na ’n klein dorpie uitgewyk. Sy het my al op ’n virtuele toer deur die heuwels van die skilderagt­ige Annemasse geneem. Soms klets ons in ’n koffieplek­kie in Parys. Dis ’n kulturele ervaring.”

Nog ’n virtuele koffiemaat wat sy wêreld met haar deel, is ’n kliënt van Arabië. Sy en ’n ou vriendin van die Paarl kuier nou ook al só.

Dié koffie-afsprake het ’n ander atmosfeer as in ’n virtuele raadsaal. “Ons doen wat pêlle doen. Gesels, deel en sien nuwe dinge . . . Dit verander jou hele dag se energie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa