Sarie

Ek kleur nooit weer nie

-

Die Going Gray Gracefully-beweging het ’n vlaag nuwe aanhangers gekry toe geslote salondeure beteken het dat baie vroue nie hul hare kon laat kleur nie. Toe ons op SARIE se Facebookbl­ad vra wie hul lockdown-grys gaan behou, het talle van die 191 lesers wat kommentaar gelewer het, ja gesê. “Ek sien uit om ’n silver fox te wees.” En: “Raak al doller oor my grys.” Ook Nicky Steenstra van Somerset-Wes het laat hoor: “Ek kleur nooit weer nie!” Sy het die laaste 6 tot 8 cm van haar lang platinumbl­onde hare laat afsny die oomblik toe salonne heropen het – en nou is haar hele kop au naturel, sê sy. (Haar hare was die laaste paar jaar platinumbl­ond as gevolg van gereelde strepies. Sy het reeds voor die inperking van die soliede kleur begin afsny terwyl die grys uitgroei.)

Haar familie en vriende hou van haar “nuwe” hare en selfs vreemdelin­ge kompliment­eer haar. Vir Nicky is dit bevrydend. “Ek het nie besluit om dit te doen omdat dit mode is nie. Ek wou grys wees. Ek was nog altyd iemand wat my ouderdom omarm. Ek kom ook agter daar is ’n terugkeer na wat natuurlik is by vroue van my generasie, maar ek het ook vriendinne wat aanhou kleur, en dit pas hulle. Dis ’n baie persoonlik­e besluit.”

 ?? FOTO NICOLE JOHN ?? Nicky Steenstra en haar hondjie, Pixel.
FOTO NICOLE JOHN Nicky Steenstra en haar hondjie, Pixel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa