Sarie

Ruimte FIKS!

-

Ruimtevaar­ders wat lank aan boord van die internasio­nale ruimtestas­ie is, moet gemiddeld twee uur per dag oefen. Dis om die negatiewe effek van gewigloosh­eid op die liggaam teen te werk:

Onder meer om die verlies aan beendigthe­id en spiere te verminder en die hart gesond te hou. Oefentoeru­sting moet spesiaal aangepas word. Só dra hulle ’n harnas wat aan ’n trapmeul vasgemaak word vir draf. Die apparaat is ook so gemaak dat die ruimtetuig beskerm word teen die vibrasies van hul voetslae. (O ja, jy sweet ook in die ruimte. Dit kan net nie van jou afrol nie.) Bronne: nasa.gov, asc-csa.gc.ca

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa