Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

-

Pulitzerpr­yswenner Elizabeth Strout oor Olive Kitteridge en Olive, Again (Penguin Viking, R290)

Wat was die prikkel vir Olive se karakter?

Olive het aan my verskyn terwyl ek besig was om die skottelgoe­dwasser uit te pak. Ek was skielik bewus van ’n groot vrou wat by ’n piekniekta­fel staan en dink dit is hoog tyd dat almal huis toe gaan. Ek het dit onmiddelli­k neergeskry­f en gedink: Ek gaan ’n boek oor dié vrou skryf. Van die stories wat ek vroeër begin skryf en later stoom verloor het, het skielik vlerke gekry toe ek Olive in hulle sit. Sy was nogal ’n krag.

Het jy ná Olive Kitteridge gedink jy sal nog ’n boek oor haar skryf?

Nee. Sy het eendag net opgedaag toe ek in ’n koffiewink­el in Europa gesit en e-posse lees het. Ek kon haar sien ry na die marina, hoe sy uit haar motor klim met ’n kierie omdat sy ouer is, en hoe sy instap. Die beeld was so helder, ek het dit dadelik neergeskry­f. So het Olive, Again net aangekom.

Sy is nogal ’n teenstrydi­ge karakter. Waarom vind lesers aanklank by haar?

Ek dink omdat daar ’n eerlikheid omtrent haar en haar emosies is. Mense wat dalk soortgelyk­e gevoelens het maar dit nie durf erken nie, kan oor die vrou lees en deur haar hulself ’n bietjie beter verstaan. Sy is reguit en kan onvriendel­ik wees, maar is ook in staat tot egte deernis. Sy is teenstrydi­g, maar so ook baie van ons. Ofskoon ons nie so openlik daaroor is soos sy nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa