Sarie

10 SARIE LESERS WEN

-

5 gelukkige SARIEleser­s kan elk die boek Rooiborsla­ksman deur Marinda van Zyl (Tafelberg, R295) wen. Dié boek is ’n welkome opvolg op

Van Zyl se epiese historiese roman Amraal.

In Rooiborsla­ksman

word die 19de-eeuse konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers in die destydse Suidwes-Afrika vervleg met die lewensverh­ale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam), wat wees gelaat word tydens die pokke-epidemie, en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldori­ngboom lyk waaraan die rooiborsla­ksman genadeloos sy prooi ryg.

Nog 5 lesers kan elk die boek Middernag deur Sidney Gilroy (Human & Rousseau, R300) wen. Speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. En terwyl hy planne beraam om naweekuits­tappies na die Mimosa Mall in Bloemfonte­in met sy kredietkaa­rt te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith, wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok. Wanneer die oorskot van ’n vierjarige in ’n roomyskarr­etjie ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa