SARIE VOORBLADGESIG 2020 – HIER’S ONS TOP-10
Tien finaliste in ons 10de jaar! Een van hulle sal binnekort aangewys word as die SARIE Voorbladgesig 2020. Ons finaliste kom van oral in die land, van Brakpan in Gauteng tot Bonnievale in die Kaap – terwyl Bloemfontein vanjaar sommer twee finaliste oplewer. Onder die 10 is entrepreneurs, studente en bemarkers. Almal het dié doel voor oë: om daardie gesogte SARIE-voorblad te wen. Maar eers sal hulle deur SARIE se Fanie Cronjé en van die land se beste grimeerkunstenaars en haarstileerders gestileer word voordat hulle professioneel deur die topfotograaf Leana CR afgeneem word. Elkeen het ’n gelyke kans, maar net één wenfoto sal dit tot op SARIE se voorblad maak