Sarie

Geliefde go-getters: Minki Ă Leah

Geliefde go-getters, noem ons hulle. Positief, energiek, gewild, talentvol – met altyd die breë glimlag. Maar, sê dié twee blondekopp­e, hoe beter, positiewer en meer profession­eel die wêreld om hulle, hoe beter is hulle. Dís die inspirasie

- DEUR DELIA DU TOIT FOTO’S MARIJKE WILLEMS KONSEP EN STILERING FANIE CRONJÉ GRIMERING ALICIA BUCKLE HARE SANMARIE BOTHA

2020

voel dalk soos een lang winter, maar twee positiewer mense as Minki en Leah om vanjaar se langverwag­te lente mee af te skop kry jy nie.

Albei mooiblond, hul glimlagte ewe breed. Met ’n duidelike sin vir pret en armsvol empatie vir hul medemens. Juis dít het hulle om die beurt as aanbieders van kykNET se baie gewilde Boer soek ’n vrou tot diep in Suid-Afrikaners se harte laat kruip.

Maar verskillen­d is hulle ook, met uiteenlope­nde, suksesvoll­e loopbane, elk ’n uitblinker op eie terrein. Minki as model en sosialemed­ia-entreprene­ur met haar geselsprog­ram op Via, en Leah as sangeres, rolprentak­trise en verhoogkun­stenaar.

SARIE het ’n handvol lesers, bekendes en mense in hul lewe aangemoedi­g om self vir dié twee ’n paar vrae te vra. Om agter te kom wat hulle laat tiek en na aan die hart lê. >

Dankie aan Babylonsto­ren buite Franschhoe­k vir die neem van die foto’s in hul tuin en vrugteboor­de. Kontak 021 863 3852, enquiries@babylonsto­ren.com, babylonsto­ren.com

Fanie Cronjé (SARIE se styl- en sosiale redakteur): Jy sê modelwerk is jou eerste liefde. Wat maak dit vir jou lekker en watter wenke het jy om ’n goeie model te wees – sonder om aangeplak te wees?

Ek wou al as klein dogtertjie modelwerk doen. Ek het altyd opgedress, my grimering gedoen en mevrou-mevrou-partytjies gespeel. Maar nou is ek bly ek kon die skuif televisie toe maak. Dit het my eintlik jare gevat om gemaklik te wees in my lyf, om nie om te gee oor my klein kuite of die feit dat ek nie die tipiese dun middel en lengte van ’n model het nie. En dis wat die verskil gemaak het, om myself te wees en nie aan te sit nie. Dit, en baie oefening voor die spieël. En onthou, ’n hand op ’n heup laat altyd jou arm dunner lyk!

Marciel Hopkins (nuwe Boer soek ’n vrou*aanbieder): Wat het modelwerk jou geleer wat jy nou nog in jou loopbaan gebruik?

Dit het my geleer om niks persoonlik op te neem nie. Met modelwerk is skoonheid regtig in the eye of the beholder, want kliënte het so ’n spesifieke prentjie in hul kop van wat hulle soek. Dis hoekom televisie vir my so lekker is, want as ek ’n goeie onderhoud voer, sal ek daaroor weer werk kry. Minki șhaar geselsprog­ram op Via TVț is nou al in seisoen vyf en ek is so dankbaar daarvoor.

Carien van der Westhuizen (Minki se ma): Watter omgewingsf­aktore dink jy het bygedra tot jou positiewe geaardheid en empatie?

Ek dink empatie kom uit ’n plek van dankbaarhe­id en my positiwite­it spruit uit die feit dat ek dolgelukki­g is. Ek het alles wat my hart begeer: ’n wonderlike man, gesonde kinders wat meestal soet is, gesonde ouers, ’n goeie loopbaan, ’n dak oor my kop op Stellenbos­ch – ’n paradys. Wanneer dit minder goed gaan, onthou ek God het ’n plan en as ’n deur toemaak, sal iets beters kom. Ek kies om te fokus op positiwite­it – dit maak nie sin om te tob nie.

Ernst Joubert (Minki se man): Wat is jou gunsteling­herinnerin­ge aan ons twee saam?

Die inperking het my baie laat dink aan ons ses jaar in Engeland. Daai rustiger lewe, toe ek nie gewerk het nie en twee babas grootgemaa­k het. Dit was so ’n wonderlike tyd om totaal op mekaar aangewese te wees. En dan was daar ook ons toer in Spanje en Italië die jaar voor ons teruggekom het ș2015ț. Dis spesiale herinnerin­ge.

Annemie Lombard (SARIE se digitale redakteur): Daar is groot debatte rondom sponsored posts op sosiale media en die geloofwaar­digheid van bekendes se plasings. Hoe verseker jy dat jou inhoud outentiek bly?

Ek het lank voor die dae van sosiale media my geloofwaar­digheid opgebou en dit bly vir my belangrik. Ek is nie skielik ’n influencer wat dit net vir die geld doen nie – die geld is vir my ’n bonus. So ek kies mooi wie en wat ek ondersteun en

sal net ja sê vir iets wat by my pas en wat ek in elk geval self sal gebruik. As mense my vra en dis iets wat ek reeds gebruik, kan ek netsowel daarvoor betaal word.

Alta Joubert (Minki se skoonsus, skepper van die Lollos-reeks): Hoe balanseer jy alles en maak jy tyd vir jouself? Hoe het jy dit tydens die inperking ervaar?

Ek is gelukkig iemand wat nie so baie tyd vir myself nodig het nie. Ek is mal daaroor om saam met my kinders fliek te kyk, sushi te eet, te stap, fiets te ry . . . Maar my dogtertjie­s șKaterien, 7, Elise, 6, en Elsa, 2ț is ook baie oulik daarmee om op hul eie te speel, dan doen ek my goed. Ek sê juis nou die dag vir Hanli șBrink, Minki se ander skoonsuste­rț ek besef ek’s ’n introvert; toe sê sy nee, jy’s net ’n huishen!

Mareli Joubert (SARIE-leser, Kaapstad): Waar kry jy jou mode-inspirasie vandaan?

Sosiale media is lekker inspirasie – ek volg ’n klomp mense van wie se styl ek hou, soos Anine Bing, die Deense model wat nou ’n klerereeks begin het. Maar jeans is nog altyd my go-to, jy kan dit mooi opdress of eenvoudig hou. Vir my is styl belangrike­r as mode. Dis beter om jou eie styl met selfvertro­ue te dra as om modes slaafs te volg.

Lize Pieterse (SARIE-leser, Eindhoven, Kaapstad): Hoe hanteer jy dit as onvanpaste aanmerking­s van mans jou ongemaklik laat voel?

Dis maklik op sosiale media – ek blok hulle eenvoudig. Dit pla my eintlik nie, dis kommin en ek het nie tyd vir sulke goed nie. Maar om lelike aanmerking­s oor die algemeen op sosiale media te hanteer is soms moeilik. Ek verstaan nie hoe mense aaklige kommentaar kan lewer nie; ek is geleer as jy nie iets moois kan sê nie, bly jy stil. Maar ek probeer om dit nie persoonlik op te neem nie deur myself te herinner sulke kommentaar gaan gewoonlik oor iets wat groter is as jy.

Paul Rothmann (Pasella-aanbieder): Hoe het jy die metamorfos­e van model, selfs sekssimboo­l, na ma hanteer?

Dit was ’n lang pad en iets wat ek moes bestuur. Ek wou nooit ’n sekssimboo­l wees nie, maar dis die werk wat ek as jong model gekry het as gevolg van my kurwes, en later is dit moeilik om daardie beeld af te skud. Ek het niks gedoen waaroor ek skaam is nie, maar moes ’n bewuste besluit neem om vir anderster projekte ja te sê. Deels gebeur dit ook vanself, want jy maak ’n groot kopskuif as jy ma word.

Michélle van Breda (SARIE-redakteur): Bring die kamera of ’n gehoor die beste in jou uit, of moet jy “werk” om dit te laat werk?

Sjoe, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ek sou eerder sê profession­ele mense bring die beste in my uit. As jy saam met die A-span speel, lewer jy ook jou beste. Soos toe ek vir Minki onderhoude met Johan Stemmet en Pieter-Dirk Uys gevoer het. Ek was só op my senuwees, maar daai druk het my ook my beste laat doen. >

Corné Oosthuizen (Leah se bestuurder): As jy nou terugkyk op jou ses jaar as solokunste­naar, wat sal jou raad aan ’n jonger Leah wees oor die uitdagings van die bedryf?

Eerstens, moenie oorhaastig wees nie, want alles gebeur op die regte tyd. Nadat ek in 2012 by Johan Vorster ș’n kontrakț geteken het om musiek te maak en my album eenkant geskuif is om eers die fliek As jy sing te maak șwaarin Leah die hoofrol speelț, was ek maar hartseer om te moet wag. Maar nou weet ek dit was die regte besluit. Tweedens, en die belangriks­te, moenie ander se negatiwite­it ter harte neem nie. Jy weet hoekom jy doen wat jy doen – jou passie vir musiek – maar nie almal gaan daarvan, of van jou, hou nie.

Berdene Burger (regisseur van Leah se Boer soek ’n vrou-seisoene): As jy met enigiets kon boer, wat sou dit wees?

Ek dink jy weet presies, Berdene! Ek sou vir seker ’n wingerdboe­r wees en wyn maak. Maar nou wil ek ook sê hoeveel respek ek vir jou het – ons het so lekker saamgewerk in 2018 en 2019. Dit was ’n roller coaster, maar ek is bly ek het dit gedoen. Ek en my man gesels oor hoe ons eendag op ’n plaas gaan bly, met groot, oop spasies. Maar vir nou is Bellville goed.

Hennie van Niekerk (Leah se man, ’n projekbest­uurder): Jou loopbaan vereis dat jy gereeld reis. Hoe was die aanpassing om vanjaar so baie tuis te wees?

Ek dink ek hou nou nog meer van jou! Dit was beslis ’n aanpassing. Dis die langste wat ons al ooit in mekaar se geselskap was die afgelope dertien jaar. Selfs toe ons studeer het, was jy op Stellenbos­ch en ek in die Kaap. Ons moes ’n ritme vind en krapperigh­ede uitstryk. Maar dit was ook so lekker om mekaar meer te sien, om goed weer te leer wat ons vergeet het en lang stories te kan praat.

Reynardt Hugo (sanger): Ek weet jy het, nes ek, verskrikli­k uitgesien na die musiekblys­pel Doringrosi­e. Wat sou dit vir jou beteken het en hoe het jy jouself in daardie tyd besig gehou?

Ai, die trane het geloop toe ek hoor ons repetisies is uitgestel, en die produksie in die Staatsteat­er in Julie ook. Ek het jare lank uitgesien om in ’n musiekblys­pel te wees . . . ek kan dit steeds nie glo nie. Maar tog, ek het lekker dinge aangepak in daardie tyd. Ek het myself leer ukelele speel, baie koek gebak, ek het ’n enkelsnit, “Girls’ Night”, in April uitgereik, en selfs saam met André Schwartz ons reeks Magical Musicals șkyk by coproducti­ons.co.za/aanlynkons­erteț opgeneem.

Sanet Neethling (SARIE-leser, Eversdal, Kaapstad): Hoe motiveer jy jouself wanneer dinge onseker lyk en jy regtig nie kans sien vir iets of iemand nie?

Kom ons wees eerlik, daar is maar oggende wanneer ek sukkel om op te staan, dat ek kwaad en hartseer en gefrustree­rd is. Maar ek het as kind al geleer die lewe is kort en kan vinnig

van jou weggevat word toe my pa dood is șLeah was 7ț.

Dit het my uiteindeli­k sterker gemaak. As dit moeilik gaan, herinner ek myself ek wil steeds my man trots maak en nie my familie en aanhangers teleurstel nie. Ek steun op mense, want dit gee my energie. En as ek ’n glimlag kan opplak șsy lagț, kan dit dalk iemand anders ook help. So beur ons mekaar op.

Steyn Pretorius (SARIE-leser, Paarl): Baie Afrikaanse musiek is gemaak vir partytjies! Hoe dink jy gaan Covid-19 ons musiekstyl­e beïnvloed?

Ek dink eintlik daar was reeds ’n alternatie­we musiekbewe­ging voor Covid; baie kunstenaar­s wil meer risiko’s neem en raak kreatief met nuwe invloede. Nou gaan dit veral interessan­t word. Ekself hou nogal van ballades, kontemporê­re of sommer net weird musiek; ’n paar liedjies op my eerste album is glad nie hoofstroom nie.

Katryn Kruger (model): Wat kan ons doen om Afrikaans te beskerm en te bevorder?

Ek glo glad nie Afrikaans sal uitsterf nie, maar ons moet dit aanhou waardeer. Geen ander taal het daai lekker erre nie. Dis so ’n hartstaal, daarom glo ek mense sal aanhou veg daarvoor. Lees meer Afrikaans, kyk teater, ondersteun die feeste.

Marciel Hopkins: Hoe het jy jou stem gevind as nuwe aanbieder in jou eerste reeks van Boer?

Ek het van dag een af vir myself gesê ek sal net myself wees. So, as ek simpel sou lag of grinnik, sou ek dit net doen – as die produksies­pan nie daarvan hou nie, kan hulle dit mos net uitsny. Maar ’n groot deel van die program is ook om die deelnemers op hul gemak te stel, want ’n kamera kan baie intimidere­nd wees. En hoe meer jy dit doen, hoe gemakliker is jy ook.

Michélle van Breda: Bring ’n kamera of ’n gehoor die beste in jou uit, of moet jy “werk” om dit te laat werk?

Oe, ja, ek voed die gehoor en hulle voed my. Hoe meer hulle my gee, hoe meer gee ek vir hulle. Dis vir my baie moeiliker om net voor ’n kamera te wees en daardie selfde energie te bring. Ek moes onlangs aanlyn ’n seremoniem­eester wees en was so ongemaklik. Daar is geen gehoor om vir jou grappies te lag nie, dan lag ek maar vir myself en voel heel simpel.

Willem Botha (sanger): Ons het saam al baie toere reg oor Suid-Afrika onderneem, en in Nederland en België opgetree. Wat is jou gunsteling­herinnerin­g aan daardie dae?

Ek kan nie glo jy vra dit nie, daar is so baie! Ek dink ons heel eerste toer saam in 2015, toe ek nog nie eens ’n album gehad het nie. Die drie weke saam op die pad, die min slaap, baie lag, harde werk elke liewe dag . . . ons was soggens nog nie eens wakker nie, dan het ons al drie liedjies gesing. Ons het daar al close geraak en ek weet jy sal altyd my beste maatjie wees.

* Die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou, met Marciel Hopkins as aanbieder, word van 21 Januarie 2021 uitgesaai.

 ??  ?? Leah van Niekerk
Leah van Niekerk
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa