Sarie

Aktrise Monique Rockman: ‘Dankbaarhe­id is mooi’

-

“Ek moes van kleins af leer, die lewe is hard. Maar my ouers het altyd gesê dit beteken nie dit maak jou lelik nie, dit maak jou sterker . . . en jy sál daardeur kom.” In haar grootwordj­are het aktrise Monique Rockman saam met haar gesin in haar oupa en ouma se motorhuis op Albertinia in die Suid-Kaap gebly. Nogtans was dankbaarhe­id haar rigtingwys­er. Juis dít wat haar toelaat om steeds die mooi in die uitdagende tye van ’n wêreldpand­emie raak te sien. “Ek moes ná ’n paar harde weke by die werk hárd soek. En die antwoord was dankbaarhe­id. Vanuit ’n dankbare oogpunt kon ek sien hoe die dokters en verpleegst­ers in die front line met hul lewe baklei. Ek het mense in die gemeenskap gesien wat kos en komberse vir dié in nood uitdeel. Ek kon sien hoe belangrik dit is om liefde vir mense

rondom my te gee, openlik. Ek is dankbaar vir ’n dak oor my kop, my familie, ’n werk terwyl so baie van my vriende in die bedryf werk verloor het . . . en dankbaarhe­id is mooi.” – Suanné Mulder

* Vir haar vertolking van Beatrice Mack in Die spreeus is Monique vanjaar as ’n wenner aangewys in die AKTV-Mediaveert­jies se Kyk-kategorie.

 ?? FOTO LINDSEY APPOLIS ??
FOTO LINDSEY APPOLIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa