Sarie

Covid-19 mokerhou vir ons jeug

Vir die ‘Klas van 2020’ is dit ’n lae hou – net voor hulle hul volgende treetjie die wye wêreld in moet gee. Die pandemie se mokerslae kan boonop hul lewe jare vorentoe steeds beïnvloed. Hoeveel, sal baie afhang van hul reaksie nou

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Die “Klas van 2020”. Hulle het binne ’n oogwink meer inligting tot hul beskikking as waarvan hul ouers op hul ouderdom kon droom. Dit het sy voordele, maar stel ook uitdagings. Daarby erf hulle ’n siek aarde saam met die talle ander probleme waarmee ons op die ondermaans­e worstel. Toe kom Covid-19 boonop net vóór hulle hul volgende treetjie die wye wêreld in moet gee: Met ’n pas verworwe matriek of graad wat hulle hoop deure sal oopmaak.

Dit wil lyk asof tieners/jong volwassene­s se gesondheid die ernstiger effekte van Covid-19 gaan vryspring. Maar wanneer dit by die pandemie se sosiale en ekonomiese mokerhoue kom, is hulle waarskynli­k nog meer weerloos as enige ander ouderdomsg­roep. “Sommige pas beter aan as ander,” sê Zay-Dee Mentoor, ’n tweedejaar­regstudent aan die Noordwesfi­nansies universite­it. “Van ons is kwaad, ander angstig, en glo dit of nie, sommige het nuwe perspektie­f op die lewe gekry en is opgewonde om die post-pandemiewê­reld aan te pak.”

“Generation Pandemic.” Só noem die nuustydskr­if TIME hulle onlangs op die voorblad. En: “A global crisis changed their lives. How they respond will change the world.” Goue ballonne teen die muur wat 2020 uitspel met ’n string liggies daarby. Maar die twee jongmense op die rusbank is duidelik nie in ’n partytjies­temming nie. Die meisie lyk verveeld en mismoedig, die jong man lê met skootreken­aar en kombers passief op die naat van sy rug. Vir vandag se jonges is dit inderdaad ’n geval van “Life Interrupte­d”, soos ondertoe op die voorblad staan.

Terwyl die Amerikaans­e koerant

The Atlantic (atlantic.com) verklaar: “Generation C has nowhere to turn.” Generasie C, nie net babas wat in die post-corona-era gebore word nie, maar ook skoolkinde­rs, studente en dié in hul eerste werk. Dis húlle wie se loopbaan,

en sosiale lewe die grootste gevaar loop om te ontspoor.

Hoeveel te meer hier in Suid-Afrika met ons eiesoortig­e probleme. Só is die harde werklikhei­d dat baie jongmense moet klaarkom sonder die hulpmiddel­s noodsaakli­k vir suksesvoll­e aanlyn studie. “Kyk, ’n student in Suid-Afrika het drie dinge nodig (. . .) Die internet, ’n rekenaar en elektrisit­eit. Vir jou en my dalk vanselfspr­ekend, vir baie van ons landgenote nie,” skryf Rudolf van den Berg, ’n BCom-rekeningku­ndestudent aan die Universite­it van Johannesbu­rg, tereg in Die Student, netwerk24.com. Dis die minimum, sou ’n mens kon byvoeg.

’N GELDELIKE KOORDDANS

Feit is, wanneer die virus sy greep verslap en ons weer met ons lewe kan voortgaan, gaan dit waarskynli­k nog jare neem vir die ekonomie om te herstel. Ons land s’n was reeds voor die pandemie so te sê op ’n ventilator. Elkeen van ons gaan ’n finansiële >

Ons gaan skool met plastieksk­erms en lapmaskers. Ek weet nie meer hoe lyk my onderwyser­s nie. En met net 50% van ons op ’n keer by die skool, sien ek nie eens my pêlle nie! Ons hou kontak deur mekaar in meme op sosiale media te ‘tag’ en vra nie meer ‘hoe gaan dit?’ nie. Die antwoord is tog altyd dieselfde. Dis moeilik om vir ’n vreemdelin­g op straat te glimlag en dan te besef die persoon kan dit nie sien nie. Klein goedjies soos dit gaan sit op ons harte, maar ons gee voor die stuk lap is ons enigste masker.

SOMIA HANEKOM, gr. 11-leerder aan die Hoërskool Paarl Gimnasium

My matriekjaa­r was die beplande hoogtepunt van my hoërskooll­oopbaan, dit waarna ek en my tydgenote jare lank uitgesien het. Ná die eerste paar treë ons droomjaar in, was ontnugteri­ng egter ons voorland. Covid-19 het ons in ’n oogwink van talle vooruitsig­te beroof. Ons word daagliks met nuwe vrese en onsekerhed­e begroet. Gaan die skool môre nog oop wees? Is my klasmaats nog gesond? Wat van ons matriekafs­keid? Wat as ons dalk nie eksamen kan skryf nie?

NICOLETTE BOTHA, ’n matrikulan­t aan die Afrikaanse Hoër Meisieskoo­l in Pretoria

< koorddans moet uitvoer. Des te meer jongmense wat hul plek in ’n morsdooie arbeidsmar­k moet vind. Ouers, wat heel moontlik self die rieme dunner moet sny, gaan ook nie juis kan help nie. “Ons dink dis ouer mense wat weens besnoeiing hul werk verloor,” sê prof. Renata Schoeman, psigiater en hoof: MBA in gesondheid­sorgleiers­kap aan die Universite­it Stellenbos­ch Bestuursko­ol. “Maar dié wat laaste aangestel is, word gewoonlik eerste afgedank – en dis dikwels jongmense. Werklooshe­id onder dié groep (en oor die algemeen) in ons land is reeds so hoog.”

Cara-Lee Compton, wat ook ’n blog, 25andalive.com, oor “mode, kos en allerhande goed” het, vertel die impak van die virus op elke aspek van haar lewe is “amper onwerklik”. “My navorsing vir my LLM staan stil, ek kan nie eens toegang tot die biblioteek kry nie. As jong werkende tref dit my byna nog harder. Ek kry net 60% van my reeds klein salaris as prokureurs­klerk. Dis moeilik, ek heroorweeg elke dag of ek my klerkskap moet voltooi. Daar is egter nie veel ander opsies nie.”

Volgens Shané Schwartz, ’n onderwysst­udent in haar finale jaar aan die Kaapse Skiereilan­d-Universite­it van Tegnologie op Wellington, moet sy werk om vir haar studies te kan betaal. Voor die pandemie was dit weeksdae tot laatnag op haar voete in ’n kroeg, naweke promosiewe­rk. Daarby is sy klasskakel en fakulteits­verteenwoo­rdiger, wat baie tyd verg. “Weens die lang inperkings­tyd is my geld op met geen werksvooru­itsigte nie. Almal het simpatie daarmee dat ons studente aanlyn klasloop. Maar ’n groter probleem is hoe ons daarvoor moet betáál?”

Die gedwonge, rustiger pas het Shané boonop tyd gegee om oor haar toekoms te besin. Sy sukkel om haarself aanstaande jaar in die onderwys voor te stel. “Ek het vrese oor hoe die kurrikulum aangepas gaan word en of ons as onderwysst­udente gereed is daarvoor. En gaan daar hoegenaamd ’n aanvraag na onderwyser­s wees ná al die veranderin­ge?”

Ook matrikulan­t Nicolette Botha en haar vriende wonder nou “aanmekaar” of hul gekose studierigt­ing die regte een is. “Gaan ons ’n leeftyd studeer om te eindig in ’n mark waar groei gesmoor bly? Ons deel gereeld ons drome om in Suid-Afrika te bly, maar gaan dit moontlik wees met geleenthed­e vir ons jonges wat deur die virus-versnelde omstandigh­ede platgevee word?”

GEEN HANDLEIDIN­G

Sy ervaar ’n groot eensaamhei­d onder leerders wat voel asof hulle alleen deur die lewe waad, sê ’n onderwyser­es wat anoniem wil bly. Hulle zoom en whatsapp, ja, maar dis nie dieselfde as om fisiek sáám tienerding­e te doen nie. “Daar is ongelukkig nie ’n handleidin­g oor hoe om in dié pandemie-tyd te leef nie. Vir tieners het die ongeskrewe reëls en uitdagings onverhoeds van groepsdruk na eensaamhei­d verander; van ’n oorvol program na ’n saai bestaan. Alle sosiale aktiwiteit­e het eensklaps verdwyn. Hulle lewe nou in ’n wêreld waar ouers en onderwyser­s op hul eie probleme en oorlewing moet fokus. Dit kan veroorsaak dat leerders minder ondersteun­ing kry as waaraan hulle gewoond was. Uiteindeli­k moet elke jongmens stoei om sy eie handleidin­g te skryf vir dié vreemde en onseker tyd.”

Prof. Schoeman beaam die verlies aan ’n sosiale lewe is vir tieners ’n dilemma. Sosiale isolasie in dié tyd van hul identiteit­sontwikkel­ing maak hulle vatbaarder vir angs en depressie. “Op ’n manier is hulle nogal veerkragti­g. Hulle is tegnologie­s vaardiger as hul ouers en gewoond om só te kuier. Tog mis hulle die fisieke interaksie met vriende.”

Om afhanklik van die tegnologie te wees om jare lange vriendskap­pe te koester, is inderdaad ’n uitdaging, sê Nicolette. “Saam-saam snuffel ons aanlyn vir unieke apps en kortpaaie om op hoogte van mekaar se doen en late te bly. Daaglikse WhatsApp-boodskappe is nou die beste uitreik en Zoom die troue staatmaker om gereeld

Besigbly help jou om bietjie helderder na die toekoms te kyk; gee jou iets anders om aan te dink as die onsekerhei­d, verlange en verlies. Só het Rhodes se skaatsplan­kry-vereniging onlangs, onder streng gesondheid­smaatreëls, ’n skaatspark begin bou in Hlalani, Grahamstad se township. Ek en ’n paar vriende het weer ’n kortfilm geskiet, die dialoog hoofsaakli­k deur ons gevoelens rondom die pandemie geïnspiree­r.

CAILYB PRINSLOO, dramastude­nt aan die Rhodes-universite­it

Ons mooi tradisies staan op spaghetti-bene

Nicolette Botha

Dis hartseer om te sien hoe baie van ons moed verloor

Zay-Dee Mentoor

Ná agt jaar se studies sou ek hoop ek kon myself nou al onderhou, maar daardie realiteit voel net al hoe verder weg. Ek lewe van dag tot dag en hoop ek kry gou die geld wat ek van die WVF geëis het. Dan kry ek ’n SMS, nie om te sê die geld is in my rekening nie, maar om my in te lig ek het positief vir die coronaviru­s getoets.

CARA-LEE COMPTON, ’n prokureurs­klerk en nagraadse (LLM-) student in sosio-ekonomiese regte aan die Universite­it van Pretoria

< vir Bybelstudi­e bymekaar te kom. ’n Aanlyn bordspelet­jie, of net gesels, die warm kampvuur teen die angs as jy pouse jou moontlik besmette masker moet afhaal om jou toebroodji­e te eet.”

Toe Covid-19 by die voordeur instap, het skoolritue­le en -sport by die agterdeur uitgevlieg. Nicolette praat van “’n knaende gevoel van verlies” aan dít wat kon gewees het. “Ons mooi tradisies, soos die kerkafslui­ting, saamsing-byeenkomst­e, koortoere en -optredes en ons veelbespro­ke matriekafs­keid en -vakansie, staan op spaghetti-bene met die virus as hardgebakt­e taakuitdel­er.”

Nadat hulle eers nuuskierig vrae gevra het (“gaan daar nog ’n interskole wees?”, “wat van die akademie?”, “wat van al die danse en matriekafs­keid?”), gevolg deur optimisme, het die realiteit uiteindeli­k ingesink, vertel Bernard van Jaarsveld, ’n matrikulan­t aan Greykolleg­e, Bloemfonte­in. “Ons matriekjaa­r is, in vergelykin­g met die verlede, omvergewer­p. Baie het moed verloor. Ander het hulle in hul skoolwerk gewerp. Nog ’n groep het op ander dinge begin fokus, sien eenvoudig nie die nut om hul skoolwerk te doen nie.”

Bernard, wat aanstaande jaar rekeningku­nde op Stellenbos­ch wil gaan swot, moet gewoond raak aan die idee dat hy sy eerste jaar waarskynli­k aanlyn sal moet aanpak. “Soos ons in matriek baie goed nie kon beleef nie, gaan ons dit dalk in ons eerste jaar ook misloop.” Ook Nicolette verwys na die “teleurstel­lende moontlikhe­id” dat sy en haar vriende “afgesonder­de tuisblyeer­stejaars gaan wees”.

GEEN SIN!

Soveel van haar vriende het al oorweeg om op te skop, sê Zay-Dee. “Dis hartseer om te sien hoe baie van ons moed verloor en sukkel om daaglikse struikelbl­okke te oorkom.”

Daar’s ’n byna nihilistie­se gevoel onder tieners en jongmense dat die lewe betekenisl­oos is, volgens prof. Schoeman. “Ek kan netsowel opgee en volgende jaar weer my studies aanpak.” Of: “Wat is die sin om ná matriek te gaan studeer, ek gaan tog nie werk kry nie.”

Die teenoorges­telde is egter ook waar, sê sy. Hulle doen nou meer lewenskenn­is op, het dalk meer verantwoor­delikhede. Studente is tydelik terug by hul ouerhuis, vir baie dalk ’n teleurstel­ling. Daar kan hulle egter iets beteken: Hul ouers met die tegnologie help, wat hulle soveel beter verstaan. Hul jonger sibbe met hul skoolwerk bystaan.

Leerders word gedwing om grootmensb­esluite te neem, volgens Rudeé Barker, wat by Grey-kollege vir matrieks ekonomie gee. Met die skool se eerste Covid-19-geval moes negentien koshuiskin­ders aanvanklik vir die isolasiety­d in ’n gastehuis gaan bly. Later het hulle die keuse gekry om die res van die tyd by hul ouerhuis deur te bring. Vyftien het besluit om vas te byt, bang hulle steek dalk hul gesin aan. “Terwyl elke ou se instink sekerlik is om huis toe te gaan, het hulle hul geliefdes se belange eerste gestel.”

Geduld! sê Zay-Dee met gevoel. Haar ouers, albei onderwyser­s, hou nou onder moeilike omstandigh­ede skool. Sý moet haar dae met ’n bedrywige agtjarige boetie deurbring. “Die beste raad wat ek aan gesinne kan gee, is om op ’n gesonde manier te kommunikee­r.”

En Cara sê: “Dis belangrik dat ons mekaar herinner dat ons weer sal kan droom. Dat die ekonomie sal herstel, daar werkskeppi­ng sal wees. Ons mekaar aan die lewe sal hou en nie toelaat dat die virus ons drome vernietig nie!”

Oftewel: Kies hoop bo vrees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa