Sarie

Beste van SARIE.com

’n Duo deel 7 lesse, dié 7 plekke is gewilde bestemming­s vir pasgetroud­es, maar sommer ook vir elkeen wat die grendelroe­s wil afskud en só lyk ’n unicorn-latte. Kom kuier in ons aanlyn wêreld

-

7 WITTEBROOD-IDEES IN SUID-AFRIKA

Die woord “wittebrood” is genoeg om idilliese beelde van wit strande, turkoois water, eksotiese boslandska­ppe, dromerige sonsonderg­ange, en ultra-luukse verblyf in jou geestesoog op te roep. Maar in 2020 is die wêreld en die troubedryf tot stilstand gedwing. Daar is ook nog geen sekerheid wanneer Suid-Afrikaners weer na die buiteland kan reis nie. Juis daaroor is dit dalk tyd om ’n kopskuif oor wittebrood­bestemming­s te maak. Plaaslik, trots Suid-Afrikaans is jou antwoord.

SARIE het by LekkeSlaap gaan inloer om ’n lys van Suid-Afrika se gunsteling-wittebrood­bestemming­s saam te stel.

1. WATERBERG

Hierdie besonderse area in Limpopo, wat die skrywer en digter Eugène Marais geïnspiree­r het, se berglandsk­ap en ryk bosveldpla­ntegroei is genoeg om jou van die wêreld daarbuite te laat vergeet. Spandeer jou dae in die veld – van roetes teen bergpieke uit, tot die kans om in natuurlike watergate te swem, wildritte tot ’n glasie Amarula in ’n oneindighe­idswembad met ’n asemrowend­e uitsig.

2. TUINROETE

Die roete van 300 km aan die suidkus is perfek vir ’n roadtrip. Tsitsikamm­a, Plettenber­gbaai, Knysna, Nature’s Valley, en Mosselbaai is enkele van die mooie bestemming­s wat romantiese opsies bied

vir bosliefheb­bers én paartjies wat begeer om dag en nag op die strand te wees.

3. KAAPSE BERGE

Die Kaap bied veel meer as wynlandgoe­dere en see. Die Langebergl­andskap van berge en fynbos is perfek vir paartjies wat vir ’n paar dae van die wêreld wil ontsnap.

4. MAGOEBASKL­OOF

Tussen Tzaneen en Polokwane lê nog een van Limpopo se versteekte paradyse: Magoebaskl­oof. Dié subtropies­e lushof is ideaal vir paartjies wat aktief is, met stapen fietsryroe­tes deur natuurlike woude, langs bergstrome en riviere.

5. KAAPSTAD

Die toweragtig­e miswolke oor

Tafelberg, romantiese sonsonderg­ange by Kampsbaai, mooi strande en luukse restaurant­e in die Waterfront lok toeriste van oral. Hier kan jy die meeste van jou wittebrood maak met besoeke aan die nabygeleë wynlande, dae op die strand, staproetes om Tafelberg en oggendkoff­ie by van ons land se voorste koffiebrou­ers.

6. KAROO

Lae koppies, hoë berge en plat vlaktes word bedek deur bossieagti­ge plante om een van ons land se geliefdste streke te vorm: die Karoo. Boonop is die Karoo ook ver van die stad se gejaag.

7. BOSVELD

Gaan slaap met die geroep van die reuseoorui­l in jou ore, kyk oor ’n glas hoe die olifante in die water baljaar en gaan op ’n wildsrit om die Groot Vyf te aanskou. Boonop is die bosveld se weer reg deur die jaar matig – ideaal vir ’n wittebrood in die somer óf in die winter! – Elmari de Vos

Lees die volledige artikel op SARIE.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Knysna
FOTO’S
1. UNSPLASH/KYLE CUT MEDIA 2-3. UNSPLASH/RED CHARLIE 4. UNSPLASH/ANDREW RICE
Knysna FOTO’S 1. UNSPLASH/KYLE CUT MEDIA 2-3. UNSPLASH/RED CHARLIE 4. UNSPLASH/ANDREW RICE
 ??  ?? Bosveld
Bosveld

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa