Sarie

Akteur Andahr Cotton: Rol slyp ook sý karakter

- – Suanné Mulder

Jy vergeet nie sommer sy unieke naam nie. Andahr Cotton volg in die voetspore van sy oom en tannie, die akteurspaa­r Waldemar Schultz en Ira Blanckenbe­rg, wat hom aan die toneelwêre­ld bekend gestel het. Die gogga het vroeg al gebyt met rolle in die fliek Faan se trein, kykNET-reekse soos Fynskrif en Dwaalster, en meer onlangs Netwerk24 se aanlyn blitssepie Die Testament . Op 23 was hy tot onlangs te sien in die hoofrol van die kykNET-dramareeks Spoorloos 2. Die verfilming is onder streng regulasies tydens die grendeltyd voltooi. Hy vertel sy karakter, Adam Prinsloo, het hom gehelp om te groei, maar óók om weer waardering vir eenvoudige­r dinge in onseker tye soos nou te vind. “In die kreatiewe proses het ek by Adam oor myself geleer, om sáám emosionele struikelbl­okke te oorkom. Ek voel nou baie meer geanker. My manier van doen en my optrede het verander. Ek het besef hoe lief ek vir toneelspel is. Ná die rowwe skiettydpe­rk waardeer ek dit weer om in die see te kan swem, om koffie saam met familie te kan drink of ’n naweek weg met vriende.”

 ?? FOTO GRETELI FINCHAM PHOTOGRAPH­Y ??
FOTO GRETELI FINCHAM PHOTOGRAPH­Y

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa