Sarie

Die skok van aflegging

Jy was dalk al aan die ontvangkan­t, of jy ken iemand met wie dit gebeur het. Die een oomblik verdien jy ’n salaris, die volgende dag probeer jy ’n skeidingsp­akket beding. Mense voel ontredder, maar dit kán ook die begin van ’n nuwe hoofstuk wees

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

“Wanneer jy die nuus hoor, staan jou kop stil. Dan begin die hardeskyf in jou brein oortyd werk. Jy wonder hoe lank die topbestuur al van die besluit weet, en wat geword het van die planne wat hulle met jou bespreek het oor ’n nuwe sakebeslui­t rakende Afrikaanse tydskrifte in die maatskappy. En hoekom jy en jou span deur vlak vyf en vier van die grendeltyd­perk alles in jul vermoë moes doen om die tydskrif steeds te publiseer . . .”

Ná tien jaar aan die stuur van ’n bekende Suid-Afrikaanse tydskrif is die mat onder Eldaleen Hugo uitgeruk. Saam met verskeie ander redakteurs en bestuurder­s in dieselfde afdeling van die

Tot 305 miljoen heeltydse werkers wêreldwyd sal hul werk verloor

Volgens die internasio­nale arbeidsorg­anisasie (ilo.org)

mediamaats­kappy is sy binne twintig minute in ’n konferensi­esaal ingelig sy het haar werk verloor. “Tjoef!”

Die rimpeleffe­k van die bom wat gebars het, was soos die naskokke van ’n atoombomon­tploffing, vertel sy. Sy moes die nuus aan haar spanlede en vryskutte oordra, maar voor sy hulle kon laat weet, het die nuus reeds op sosiale media versprei.

Tot op daardie stadium het hulle hulle oor ’n mik gewerk om aanlyn tydskrifte die lig te laat sien en was onder die indruk dat dit ’n kwessie van tyd is voor hulle weer drukkers toe gaan, vertel sy.

Die huidige situasie ten opsigte van werklooshe­id en afleggings is ongekend in die wêreldgesk­iedenis, sê Pieter Human, ’n arbeidskon­sultant en direkteur van Labourwise op Somerset-Wes. Hy verduideli­k daar is vier redes vir afdanking: wangedrag, ongeskikth­eid (jy presteer nie na wense nie), mediese ongeskikth­eid en afleggings. Laasgenoem­de is wanneer jou maatskappy jou om bedryfsred­es laat gaan, soos wat nou die geval is. “Baie maatskappy­e kan weens die impak van die coronaviru­s-pandemie nie meer hul werknemers betaal nie en moet dus werkers aflê.”

Volgens die internasio­nale arbeidsorg­anisasie (ilo.org) sal tot 305 miljoen heeltydse werkers wêreldwyd hul werk verloor, terwyl party kenners meen 4 uit 5 mense se werk sal deur die virus geraak word.

In Suid-Afrika is afleggings al geruime tyd aan die orde van die dag. In 2016 was die meeste werkverlie­se in die mynwese, die inligting- en kommunikas­iebedryf en die metaal- en ingenieurs­bedryf, volgens die vakbond Solidarite­it. Tans is dit die toerisme-, landbou-, sake- en handelsekt­or wat veral deurloop, sê Pieter.

Dit is moeilik om presiese syfers te gee van die mense in Suid-Afrika wat tot op hede hul werk weens Covid-19 verloor het. Ons weet wel die mediamaats­kappy Associated Media Publishing se deure het permanent gesluit terwyl Caxton die meeste van hul tydskrifti­tels laat vaar het. Media24 het ook onlangs werkers afgelê en van hul tydskrifte gesluit. Kort ná vlak 5 van die grendeltyd het

Edcon, Suid-Afrika se grootste klerehande­laar, aan duisende werkers afleggings­briewe gegee. In sy aanvullend­e begrotings­toespraak het Tito Mboweni, minister van finansies, gesê die heel ergste wat kan gebeur, is dat sowat sewe miljoen SuidAfrika­ners vanjaar hul werk kan verloor. (mg.co.za)

Maar wat meer is, meen Pieter, is dat die impak van die afleggings nog jare gaan voortduur. “Dit sal direk verband hou met die vermoë van regerings om die pandemie te bestuur. Dit lyk nie tans asof die situasie gaan verbeter nie.”

Hoewel werkers soos Eldaleen besef niks op aarde is permanent nie, was sy steeds kwaad oor hoe sy moes hoor dat sy haar werk verloor het. >

< Sy reken dit is naïef om te dink ’n tydskrif gaan vir ewig bestaan, veral gegewe die benarde ekonomiese klimaat voor Covid-19. Maar sy glo dit is belangrik hóé jy behandel word wanneer jy dié nuus kry: eerlikheid, integritei­t, medemensli­kheid en regverdigh­eid tel baie punte. En ja, hul pakkette is beding, hulle het die kantoor ontruim en gaan aan met hul lewe, voeg sy kort en bondig by.

Dr. Marianne Roux, direkteur van die internasio­nale menslikehu­lpbronkons­ultante Roux Consulting in Melbourne, Australië, meen deernis is dié belangriks­te eienskap waarmee die menslikehu­lpbron-afdeling afgedankte werkers moet behandel.

Maar belangrik om te onthou is dat bestuurder­s dikwels ook skuldgevoe­lens en angs ervaar wanneer hulle die nuus oordra. “En wat dit tans moeiliker maak, is dat dit telefonies of oor

Zoom gebeur. Wees eerlik, reguit en verduideli­k dat dit gebeur weens die ekonomie, nie omdat werkers nie hul werk doen nie,” is haar raad.

As afgelegde hét jy egter regte.

Dr. Roux stel voor jy rig ’n versoek om uitplasing, waar die maatskappy jou verskuif of help oorplaas na ’n soortgelyk­e werkplek, en jy kan vir seker ’n goeie verwysings­brief asook ’n afskrif van die maatskappy se afleggings­beleid vra en bestudeer. Vra of alternatie­we, soos ’n verminderd­e salaris of minder werksdae, pleks van aflegging, onderhande­lbaar is. As jy jou skeidingsp­akket beding, probeer onderhande­l vir meer as die wetlik vereiste een week se salaris vir elke volledige jaar wat jy gewerk het. Bewaar jou werkkontra­k, salarisstr­okies en al die kommunikas­ie tussen jou en die maatskappy oor die aflegging. (Hoewel haar maatskappy in Australië is, is daar sekere “generiese aansprake” wat geld wanneer jy beding.)

Pieter reken ook jy móét baie vrae vra. Wat gaan met jou pensioen gebeur? Sou die maatskappy oorweeg om jou weer aan te stel wanneer sake rooskleuri­ger lyk ná die pandemie? Hoe kan jy jou vaardighed­e verbeter om ’n bate te wees vir die maatskappy indien hulle jou dalk weer ’n pos sou aanbied?

Volgens dr. Roux is die onderhande­ling van die skeidingsp­akket dikwels oorweldige­nd. Moenie skroom om ’n arbeidskon­sultant of arbeidsreg­prokureur te nader nie, meen sy. “Dit is die moeite werd.

As jy byvoorbeel­d voel jy word onregverdi­g behandel, kan die kundige jou help om ’n elegante e-pos na die menslikehu­lpbron-afdeling te stuur. As hulle steeds moeilik is, kan die arbeidsreg­prokureur dit self aan hulle stuur.” Sy raai mense aan om die afleggings­pakket eers baie goed te bestudeer (saam met die kundige) voordat hulle dit teken. “Lees dit deeglik deur, neem ’n paar dae tyd, vra vrae. Bly altyd kalm en hanteer dinge met grasie. Jy wil dalk weer daar werk.”

Pieter sê indien jy ongelukkig is oor die aflegging (of voel dít, of die skeidingsp­akket, is onbillik), staan dit jou ook vry om jou te wend tot byvoorbeel­d die CCMA (Kommissie vir Versoening, Bemiddelin­g en Arbitrasie), wat arbeidsges­kille gratis hanteer. “Moet egter nie onnodig deure agter jou toemaak nie. Wees baie seker van jou saak as jy hulle nader. ’n Goeie verwysing van voormalige werkgewers is goud werd,” maan hy.

Dr. Roux beveel ook minstens drie sessies by ’n sielkundig­e aan ná aflegging. Nie almal het berading

Die virus is soos glitter wat jy in die lug opgooi . . . Jy voel asof jy geen beheer het oor waar die glitter gaan vassit nie dr. Emily Pienaar, sielkundig­e

nodig nie, maar dr. Emily Pienaar, ’n sielkundig­e van Stellenbos­ch, sê wanneer jy jou werk verloor het as gevolg van die pandemie is dit vir baie amper vergelykba­ar met die dood van hul werksident­iteit.

“Die virus is soos glitter wat jy in die lug opgooi. Dit gaan nog jare lank klou aan dié wat afgedank is – dit is gevoelens wat oorweldige­nd en allesoorhe­ersend is. Dit is vir baie ’n hartseer desperaath­eid, ’n onsekerhei­d wat aan jou kleef. Jy voel asof jy geen beheer het oor waar die glitter gaan vassit nie. Dikwels raak afgedankte­s depressief.

“Dit kring ook wyd uit en raak jou hele gesin. Jy kan nie meer uiteet of klere koop soos voorheen nie. Restaurant­e en klerewinke­ls maak toe. Dit beteken daardie mense word ook afgedank en hul gesinne ly honger. Dit voel naderhand asof jy al hoe dieper in ’n moeras ingetrek word. Jy spartel tevergeefs en weet nie hoe om uit te kom nie.”

Dr. Pienaar sê veral middeljari­ges en ouer mense kan sukkel om dit te hanteer. “Hulle reken hulle het hul hele lewe lank iets opgebou. Daar is nie meer tyd om van voor af te begin nie.”

Die millenniër­s is weer desperaat omdat baie van hulle reken hulle sal nie daardie eerste motor- of woonstelve­rband kan dek nie. Pieter sê die beste is om jouself nie jammer te kry nie. “Miljoene mense gaan deur afdankings. Jy is nog jonk. Dink planne uit om so gou as moontlik op jou voete te kom. Gelukkig word jy groot in die digitale era en entreprene­urskap blom.” Die beste geldelike raad vir almal is om nou te spaar en nie skuld te maak nie, volgens Pieter.

Maar dr. Pienaar is bekommerd oor woede wat uit frustrasie kan spruit.

“So baie mense het nie meer lewensvreu­gde nie. Hulle sukkel om te lag en word ‘kwaai’. Hul verhouding­s en gesinne ly daaronder. Suid-Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons nie mooi is met onsself nie. Al die ou skuldgevoe­lens wat dikwels voortvloei uit ons geloofsoor­tuigings. Die Afrikaanse kultuur plaas ’n geweldig hoë premie op werkstatus. Baie mense wat dít verloor, is nou skaamkwaad.”

Eldaleen se identiteit was nog nooit aan haar werk gekoppel nie. Haar spanlede by die tydskrif is lewenslang­e vriende en om tydskrifre­dakteur te wees was een van die vervullend­ste tye in haar lewe. Maar sy verpes ’n slagofferm­entaliteit.

“Die joernalist­e en ek was aanvanklik vaal geskrik van die slag soos die rots die grond vlak voor ons getref het. Maar die rots het ons nie verpletter nie. Gelukkig is niemand dood nie.

Ons maak planne. Planne is egter nooit maklik nie en al die planne ook nie ewe slim nie. Maar dit is nou hoe dit is.”

Pragmaties, en ’n planmaker, ís sy. Vier jaar gelede het sy meubels begin verf. Dit vervul haar eindeloos en is terapeutie­s, sê sy. “My webwerf waarop ek van die meubels wat ek verf aanlyn gaan verkoop, is amper klaar. Ek het ook al opdragwerk vir kliënte gedoen. My man, Johannes (Vorster), is baie ondersteun­end en verstaan my goed.”

Die eerste paar maande ná die aflegging het sy aanvanklik klein doelwitte gehad. Gestort, wasgoed gewas, min gepraat, baie gerus. Johannes het kos gemaak. “Ek het elke episode van 48 Hours se moordsake bedags gekyk.” Die grustories – want al die moord en doodslag is baie erg – het haar beter oor haar situasie laat voel. Saans het sy lekker gelag vir die televisiek­omedie Modern Family. Lag is haar magiese uitlaatkle­p.

Nou droom Eldaleen en haar man van ’n huis op ’n Griekse eiland, dalk Lesbos. “Die grense moet nou net oopmaak as die vieslike virus se kop afgebyt is, sodat ons kan vlieg. Deel van die avontuur is om met ons twee tasse daar aan te land en die strate in te vaar en met dié nuwe opwindende hoofstuk in ons lewe te begin,” vertel sy.

Dr. Pienaar sê wanneer jy soek vir die kleinste kersvlamme­tjie in ’n donker kamer, is jou kop deur. Iewers sal dinge weer beter gaan.

Van die suksesvols­te mense is al in ’n stadium afgelê. Soos die einste Steve Jobs (ontslape), op sy dag grootbaas van Apple. In 2005, toe dit met hom gebeur het, het hy glo gesê dit was die beste ding nog. Hy was toe reeds bekend, maar juis dít was ’n meulsteen om die nek.

Om van voor af te begin het hom ’n soort ligte tred gegee om die lewe weer vars aan te pak.

Nou ja, dit is geen geheim dat Apple se slimfone van die gewildste “speelgoed” op aarde is nie …

NAVRAE

labourwise.co.za, ’n aanlyn adviesdien­s vir werkgewers

Dr. Marianne Roux: menslikehu­lpbronkons­ultant, mariannero­ux.com

Dr. Emily Pienaar: sielkundig­e,

021 886 7600

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Eldaleen Hugo FOTO WILLEM BOTHA
Eldaleen Hugo FOTO WILLEM BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa