Sarie

Leesdinge

- DEUR PHYLLIS GREEN pgreen@media24.com of @PhyllisGre­en op Twitter Fern Green (Hardie Grant Paperback, R300)

Kruie word al vir duisende jare as natuurlike geneesmidd­el ingespan. Deesdae word dit al hoe gewilder om kruiemidde­ls te gebruik vir ’n gesonder lewe. Ek het met kruie grootgewor­d. My ouma het vir alles ’n raat gehad: kamilletee vir kalmte, gemmertee vir naarheid, rooibostee met baie suurlemoen en heuning vir seerkeel en verkoue. En natuurlik die gevreesde kasterolie!

Die boek fokus op vrouegeson­dheid en die kwale wat in die verskillen­de siklusse van haar lewe voorkom en watter natuurlike kruieprepa­rate daarvoor ingespan kan word. Insiggewen­d is die uitgebreid­e hoofstuk oor menstruasi­e, waarin krampe, seer borste, hoofpyn, opgeblasen­heid en buierighei­d onder die kollig kom. Die resepte vir tee, tinkture, salwe en kompresse is eenvoudig, maklik om te maak en te gebruik. Die skrywer waarsku dat natuurlike middels met oorleg gebruik moet word. ’n Goeie gids en aanwins vir jou boekrak.

wie kwaad word sonder rede moet goed word sonder troos

Uit Johann van der Walt se gedig “dinge wat ongetiteld wil wees” in sy bundel parlement van uile (Naledi, R240)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa