Sarie

EKOVRIENDE­LIKE PARFUUM

-

Wie sal ooit Calvin Klein CK One, die gewilde uniseksgeu­r van die negentiger­jare, vergeet? Probeer nou die nuwe “geslaglose” CK Everyone (R1 365 vir 200 ml EDT), ’n skoon sitrusgeur met lemoenolie, gemmer, waternote en sederhout. Die geur is boonop ontwikkel met die omgewing in gedagte: al die bestanddel­e is veganistie­s en hoofsaakli­k van natuurlike oorsprong. Die glasbottel is herwinbaar en getooi met ’n rek wat byvoorbeel­d as ’n haarrekkie gebruik kan word. By uitsoektak­ke van Edgars en Edgars Beauty. – Suanné Mulder

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa