Sarie

HIER’S DAAI TREFFERS WEER

-

Nostalgie is gróót, en ook die vermaaklik­heidsbedry­f omarm dié tendens met ou reekse en flieks wat herleef. Die jongste is die gewilde 1980’s-sitkom Who’s the Boss (foto), met Tony Danza en Alyssa Milano wat reeds ingestem het om hul ikoniese rolle as enkelouer Tony en sy dogter Samantha te hervat. Die vervaardig­ers hoop ook om Judith Light (Angela) en Danny Pintauro (Jonathan) te betrek. Ook in die vooruitsig is ’n opvolgflie­k van die 1987-treffer Dirty Dancing. Jennifer Grey, wat die harte as Baby gesteel het, is die uitvoerend­e vervaardig­er en sal die hoofrol vertolk. Haar medester Patrick Swayze is in 2009 aan kanker oorlede. Opnames vir ’n Friends-reünie is weens die pandemie tot 2021 uitgestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa