Sarie

ALLES WERK NET

-

Die uitgawe van Junie 2020 was seker my gunsteling-#SARIE nog. Ek het dit wel eers gelees gekry toe die nuwe een al gekoop is, maar dis hoe dit is. En ek het nog nie een gemis in twintig plus jaar nie. ALLES in hierdie uitgawe het vir my gewerk – Nataniël, soos altyd, ek het van die mode, huis, skoonheid en resepte gehou, die artikels is interessan­t en relevant, regtig uitstekend. Dalk is dit omdat daar nie nóg ’n artikel(s) oor sepiesterr­e in is nie? Baie dankie vir almal se harde werk – dit kon nie maklik gewees het nie, julle is ysters (ysterinne?).

Hannelie Berrangé, Krugersdor­p

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa