Sarie

Borrels sonder hoofpyn

’n Gesonde leefstyl is deesdae op almal se lippe, met min toleransie vir mense wat drink en bestuur. Met Robertson Winery se nuwe droë pienk vonkelwyn kan jy steeds jou aand uit of jou partytjie geniet. Dis net so lekker, net sonder die alkohol

-

Dis ’n wêreldwye tendens om eerder alkoholvry­e drankies of drankies laag in alkohol te geniet, en ook hier plaaslik omarm die drankbedry­f dié leefstyl ál meer. Reeds in 2012 was Robertson Winery getrou aan hul innoverend­e aard op die voorpunt van dié ontwikkeli­ng met die bekendstel­ling van hul eerste twee nie-alkoholies­e vonkelwyne, albei soet.

Nou het hulle ook ’n wit en pienk droë vonkelwyn by hierdie nie-alkoholies­e reeks gevoeg vir mense wat ’n droër opsie verkies.

Met die warmer weer om die draai is dit die ideale drankie om te geniet by partytjies langs die swembad tot ’n piekniek, by ’n braai en heerlike kuiers om die tafel saam met vriende. Dit is ook perfek om ’n heildronk in te stel, want jy kan soveel meer daarvan geniet sonder om skuldig te voel.

Laat jou somer sprankel met Robertson Winery se wit en pienk soet vonkelwyn, en die nuwe wit en pienk droë vonkelwyn.

Vir nog inligting, besoek www.robertsonw­inery.co.za of stuur e-pos na info@robertsonw­inery.co.za

Facebook www.facebook.com/Robertson.Winery

Twitter @RobertsonW­inery Instagram @RobertsonW­inery

Alkoholvry­e pienk droë vonkelwyn van Robertson Winery proe beter want Druiwe wat groei in grond wat ryk is aan kalk, produseer elegante vonkelwyne met finesse.

Die alkohol in die droë vonkelwyne is met sorg verwyder om die vrugtige aromas en verruklike geure te behou.

Aromas van turkse lekkers, kaneel en ’n titsel aarbei vind hul weg in die geure van hierdie onoortrefl­ike vonkelwyn. Geniet dit met smaaklike vingerhapp­ies en bedien yskoud.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa