FLAMINKPRET
Die vere maak die voël! Dié baadjie met sy interessante flaminkpatroon is die opwinding wat ’n klerekas nou nodig het. Perfek saam met jou gunstelingjeans, of dra dit saam met strepe vir daardie ekstra oemf. Turkoois baadjie met flaminkpatroon (R1 500) en bypassende serp (R200) om middel, Elmarié Jooste.
Uitgewaste kêrelsnitjeans (R599), Cotton On. Goudvergulde silweroorbelle met varswaterpêrels (R650), Anine Jewellery. GROOTTES Baadjie: 8 – 12; Jeans: 6 – 16