Sarie

WITSJOKOLA­DE & ROOS

-

Witsjokola­de is vir my die vroulike sjokolade van die fyngebak-kombuis. Tegnies is dit nie sjokolade nie omdat dit geen kakao (die sjokolade-deel van die boon) bevat nie, maar net kakaobotte­r (die natuurlike vet). Koop altyd witsjokola­de van goeie gehalte as jy daarmee bak of kook. Vra vir couverture­sjokolade as jy onseker is. Voeg rooswater by en dis die toppunt van verleiding.

Macaroons is moeilik om te maak, maar as jy hierdie resep stap vir stap volg en geen kortpaaie vat nie, sal jy sukses hê. Jy moet al die bestanddel­e weeg om seker te maak die hoeveelhed­e is baie akkuraat.

genoeg vir 24 macaroons opmekaar geplak

190 g versiersui­ker

190 g amandelmee­l

2 bakkies met 70 g eierwit elk, by kamertempe­ratuur

10 ml rooswater pienk jel-voedselkle­ursel (of die kleur van jou keuse, kyk by bakwinkels)

55 g water

190 g strooisuik­er

100 ml room

200 g witsjokola­de, baie fyn gekap

Verhit oond tot 140 C en voer twee bakplate met bakpapier uit.

Sif versiersui­ker en amandelmee­l in aparte bakke. Sit dan versiersui­ker en meel in ’n voedselver­werker en meng goed. Meng 1 bakkie (70 g) eierwit met die meelmengse­l. Voeg rooswater en ’n paar druppels voedselkle­ursel by. Meng tot gladde smeer vorm en hou eenkant. Plaas die ander bakkie se eierwit in die bak van ’n elektriese menger en klits by medium spoed tot sagte punte vorm. Skakel menger af en kook ’n suikerstro­op: Meng water en strooisuik­er in middelslag­pot en roer oor lae hitte tot suiker heeltemal opgelos het. Verhoog hitte en bring tot kookpunt. Kook tot ’n suikerterm­ometer 118 C wys. Skakel menger aan op volspoed en giet warm stroop in ’n dun straaltjie by die geklitste eierwit. Klits meringue tot dik en afgekoel en vou in drie dele by die amandelsme­er in. Skep mengsel in ’n spuitsak met ’n skerprandt­uit van 1 cm. Spuit dan sirkels van so 2 cm groot met meringue op die bakpapier. Laat val die bakplate met die meringue van ’n hoogte van sowat 15 cm op jou werkvlak – doen dit drie keer en laat staan sowat 30 minute. Bak vir 20 minute en moenie die oond vroeër oopmaak nie, want die macaroons kan platval. Haal uit oond en laat afkoel voor jy dit van die bakpapier verwyder. Vulsel: Bring room tot kookpunt. Gooi oor sjokolade in skoon bak en roer weg van hitte tot gladde mengsel. Laat afkoel tot smeerbaar en skep ’n bietjie sjokolade op helfte van die macaroons. Plaas tweede helfte boop. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa