Sarie

GUNSTELING­PLEK

-

Die diep stoep is beskut teen die elemente en het ’n uitsig oor die veld en landerye. Dis gemeubilee­r met twee antieke morrisstoe­le en grasmatte wat hulle langs die pad by Bredasdorp gekoop het. Die borde teen die muur is geglasuurd­e terracotta en is eintlik drupborde vir potplante. Die klein sytafel is ’n ou koperskink­bord waarvoor Jan-Georg metaalpote gemaak het en die glasballe het hulle op ’n veiling gekoop. Die groot plante en die takbokvari­ngs skep ’n koel atmosfeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa