Sarie

Newe-effekte van antihistam­ien

-

In jou soektogte om op te hou nies vir omtrent alles buite wat groen is, het jy al omtrent elke oor-die-toonbankan­tihistamie­n gebruik, asook ’n paar wat die dokter voorskryf. Slaperighe­id en ’n droë mond is baie dikwels gevolge. Weet wat jy gebruik – veral wat die newe-effekte is SÓ VAAK

Antihistam­ien se mees algemene newe-effek, veral onder die ouer generasie medikasie. Só algemeen is dit dat die bestanddee­l difenhidra­mien ook in sommige slaapmedis­yne voorkom. Nie die beste ding om te neem as jy moet bestuur of met swaar masjinerie werk nie. Hoewel die nuwer soorte antihistam­ien jou minder slaperig laat voel, het dit op sommige mense steeds dié effek.

KURKDROOG

’n Droë mond en oë is baie algemeen by die ouer soorte en ook by sommige van die nuweres. Dalk weens die medikasie se effek op die produksie van asetielcho­lien, ’n neuro-oordragsto­f. Dis veral lastig omdat droë oë dikwels rooi, krapperig en geïrriteer­d is – ook algemene simptome van allergieë. Die medikasie kan dit dus vererger.

JOU MAAG PARAAT

Ja, dit het ook ’n effek op hoe gereeld jou maag is. Asetielcho­lien speel ’n rol in die beheer van jou dermspiere, wat die proses aanhelp. Word daardie beweging stadiger omdat jou medikasie met asetielcho­lien inmeng, kan dinge sukkel. Weer eens is dit meer algemeen by die ouer soorte.

DRUP . . . DRUP

Urinêre retensie beteken jy ledig jou blaas nie heeltemal nie. Dit kan weer eens antihistam­ien se uitwerking op asetielcho­lien wees. Nes met die ingewandsp­iere, kan dit die blaasspier­e affekteer, wat dit moeilik maak om van al die uriene ontslae te raak.

HELP NIE MEER

Kenners is nie presies seker hoekom ’n spesifieke middel later nie meer werk nie. Bou ons ’n weerstand daarteen op? Of raak ons simptome erger? As jy oor-dietoonban­k-medikasie gebruik, is die oplossing maklik. Neem ’n ruk lank iets anders en val later weer terug op die oorspronkl­ike staatmaker. Die weerstand is nie altyd permanent nie. * Eerste-generasie-voorbeelde: Allerhist®, Allergex®, Daralix®, Lenazine® * Tweede-generasie-voorbeelde: Zyrtec, Clarityne, Deselex, Telfast, Allerway BRONNE webmd.com, allergyfou­ndation.co.za, self.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa