Sarie

ONS WERK DIE LANGSTE

-

Duitsland werk die minste ure per jaar, gevolg deur Denemarke en Noorweë. Wie werk die langste? SuidAfrika, gevolg deur Mexiko en Costa Rico, het die Organisati­on for Economic Cooperatio­n and Developmen­t (OECD) in ’n analise van 37 lande bevind. Tog kry die Duitsers meer gedoen: Hulle word as van die produktief­ste lande ter wêreld beskou. Kom dit by geluk, is SA weer heel onder aan die lys, volgens die VN se World Happiness-verslag, waarskynli­k omdat ons oorwerk is en min vrye tyd het. Die Skandinawi­ese lande is van die gelukkigst­es, hul werksweek is korter en hul leefstyl dus meer gebalansee­rd. Bron:

QuickBooks SA (quickbooks.intuit.com)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa