Sarie

SO SÊ HULLE OP

SARIE.COM

- Steve Hofmeyr oor (Umuzi, R210) Dis die derde boek oor Die Sluiper, gaan daar nog kom? Gaan dit vir Die Sluiper net oor wraak, of het hy vasgevang geraak in ’n lewe waar dood die botoon voer?

Die Kwesbares

Ek sê elke keer dis die laaste keer. Jy gaan my nie weer uitvang nie. Maar ja, ek is bang om vas te val in die loslitstyl. Die Staal Burger Noir is vreeslik lekker, kommerloos, selfs minagtend teenoor literêre voorskrift­e, in teenstelli­ng met Drienie, Kapabel en Jan Ellis se meer alledaagse style. Dit sal my hart breek om Die Sluiper uit sy pensioenar­isparadys te ruk.

Die Sluiper probeer aanpas in civvy-straat. Sy oorgang van blindeling­se bloeddors na afgemete wraak is ’n moeilike stap vir hom. In al drie boeke graviteer hy tussen karma en iets wat meer natuurlik is vir hom: om die vyand te slag. Sy nuwe lewe is die soeke na betekeniss­e weg van die apatie waarop hy hom roem. Hy vind dit in Tes, met ’n adolessent­e wanbalans tussen liefde, seks en dit wat hy vermoed hy nie weet nie. Amper gee ek die einde weg.

Lees die volledige onderhoud met Steve op SARIE.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa