Sarie

Redakteurs­brief

-

Vanjaar sê SARIE #JyIsGenoeg Jy hoef nie meer te wees of meer te doen om goed oor jouself te voel, of om jouself te laat geld nie. Natuurlik beteken dit nie dat jy volmaak is, alles het, of nooit hulp en inspirasie nodig het nie. Dat jy nie wil groei, luister en van jou wil laat hoor nie. Maar met jy is genoeg aan jou kant doen jy al dié dinge uit ’n posisie van krag en selfvertro­ue. Jy is rééds genoeg. Jy is reeds dáár. Tyd, net tyd.

Dít, het ek met ons onlangse gesels gesê, is sekerlik die grootste geskenk wat ons die laaste paar maande ontvang het. Só sê byna ook almal wat ons vir SARIE-stories kontak.

Vandag, met tyd tot my beskikking, loop my eie gedagtes ver. Na jare gelede toe ek as SARIE-redakteur aangestel is. Toe Suid-Afrika groot skuiwe ervaar het en ons entoesiast­ies van die reënboogna­sie gepraat en hoop met hoofletter­s geskryf het. Sonder dat ek dit weer gaan soek om te lees, weet ek dat ek in daardie eerste redakteurs­brief die ou stukkie waarheid opgehaal het dat níks in die lewe verseker is nie, behalwe veranderin­g. Dat ons maar ons geld daarop kon verwed dat SARIE in die jare wat kom vele veranderin­ge saam met julle, ons lesers, sou ervaar.

Maar bly veranderin­g ná alles nie ’n vreemde verskynsel nie! Of eerder, ons verhouding met veranderin­g bly vreemd. Ons wéét dit kom, dis ’n gegewe. Dinge beweeg, vloei, omvorm, vervorm, ons word ouer, maak skuiwe, sien die lewe uit vele hoeke. Maar selde is ons heeltemal gereed of voorbereid daarop. Byna altyd vang dit ons onkant.

Kenners sê nie een van ons is regtig gemaak vir veranderin­g nie, al is dit die verloop van die lewe. Sommige hanteer dit net beter as ander, of hou minstens ’n dapper gesig voor. Baie besing dan veranderin­g en sê dis presies wat die mensdom nodig het. ’n Kans om nuut te begin, reg te maak en beter te doen. Dat ou weë en gewoontes ons afstomp en van ons vervelige, geslote wesens maak. Dat ons te rustig in ons gemaksones raak en nie meer wil vlieg nie. Dat dit die nuut en anders is wat ons ons vlerke laat sprei en weer laat voel ons leef.

Dis so. Als waar.

Maar nou wil ek ook iets sê vir die bekende. Want as daar iets is wat die laaste maande gewys het, is dat die nuut so op sy eie maar ’n perd van ’n ander kleur is. Dit kan onrustig wees, en skrikwekke­nd, en dikwels bloot net nie lekker nie. Dat dit eerder die bekende is wat jou die moed gee om jou vlerke met vasberaden­heid en vertroue te sprei, ook die behoefte om die anders te beproef en dan te omhels. Vir seker bring die nuwe die rush van ’n onbekende speelveld en vars moontlikhe­de, maar dis die bekende wat die hart laat sing en die wêreld met veranderin­ge en al ’n warmer plek maak.

Vir maande het die SARIE-span mekaar nie gesien nie – almal van ons soos baie ander in verskillen­de dele van die land vasgekluis­ter agter ons tuisrekena­ars om die tydskrif op die rak te hou. Die skerm en die selfoon ons enigste kontak.

’n Paar weke gelede kry ons weer kans om mekaar in lewende lywe te sien. Eers in Kaapstad, toe Johannesbu­rg. Ses lange maande het soos mis voor die son verdwyn. Die bekendheid van elkeen se stem, van almal se slimmighed­e en snaaksighe­de, die lag en die trane – daarin lê ons hoop en energie nou vir die maande wat voorlê.

Tot ons weer gesels wanneer ons met ons feesuitgaw­e, vanaf 11 Desember op die rak, die bekende en ja, die onbekende vier. Dan maak jy ook kennis met ons SARIE Voorbladge­sig 2020!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa