Sarie

VROUE VAT HANDE

-

Covid-19 het tot ’n nuwe era van digitale aktivisme gelei – en vroue was in die voorste linies as betrokke burgers, aldus die Global Civic Engagement-indeks van die internasio­nale organisasi­e Change.org.

In SA het vroue in 2020 meer aanlyn petisies as mans begin, en die petisies wat van 2019 tot 2020 deur vroue begin is en geslaag het, het drievoudig toegeneem vergeleke met dié van mans. Een so ’n geslaagde veldtog was deur #1000Women1­voice (met 45 000 ondersteun­ers), wat die regering versoek het om hul hande van sopkombuis­e – baie gelei deur vroue – af te hou. Bron: Change.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa