Sarie

ONTSPAN MET OLIES

-

Essensiële olies is deesdae ’n gonswoord danksy verskeie plaaslike bekendes wat die voordele daarvan besing. Volgens Isabel Carstens-Roos, besturende direkteur van die Isa Carstens Akademie, word dié plantolies hoofsaakli­k in aromaterap­ie gebruik omdat die geure jou help om te ontspan, jou gemoed ’n hupstoot kan gee en slaap bevorder. Dit het ook antibakter­iële en anti-inflammato­riese eienskappe. Probeer gerus die opleidings­instansie se eie mengsels van dié olies. Die Isa Rejuvenate Essential Oil for Face verfris met malva en sitrus en die Isa Relax Essential Oil for Body met kaneel, lemoengras en tiemie verlig spanning. Prys: R250 elk. Beskikbaar by die Isa Carstens Wellness Sanctuary in Pretoria en op Stellenbos­ch, of bestel by 021 883 9777.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa