Sarie

HAAL ASEM

-

Dit is vandag my eerste dag af in vyf maande. Hierdie jaar met al sy Covid-dinge het my so bedrywig gehou dat ek skaars kon asemhaal. Probleem en uitdaging ná uitdaging het opgeduik, en toe het ek net besef ek kort ontsnapkan­s.

Dis ’n nuwe seisoen en miskien is daar ’n bietjie

hoop vir die res van die jaar. Ek is vanoggend na my gunsteling-skoonheids­terapeut, en al was dit ’n bietjie anders, was dit ongeloofli­k om ’n slag bederf te word. Dit het my soos ’n nuwe mens laat voel. Iets normaals wat ek gereeld in die verlede gedoen het, is nou ’n uitgesoekt­e treat. Hulle was vriendelik, profession­eel

en verskrikli­k bly vir die besigheid, en dit het my sommer ook beter laat voel.

Ek dink ons kort almal ’n blaaskans. Ja, finansies is knap en ons weet nie wat nog vir ons voorlê nie, maar ons moet iets vir onsself ook doen. Lees jou tydskrif, gaan stap in die natuur, drink jou glasie wyn en haal asem.

Louise Buttner, Durbanvill­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa