Sarie

BEGIN DANS IN DIE REËN

-

Iets waarvan ons deesdae meer lees en hoor, is die uitdaging om met vreugde te leef. Dit is ons keuse om elke oomblik bewustelik te leef. Ons kan maklik iets misloop as ons dit nie aandagtig beleef nie.

Swaarmoedi­gheid vier hoogty in ons wêreld, en geen wonder nie, want skokkende koerantops­krifte en die opstapelin­g van negatiewe menings in die sosialemed­ia-sfeer is genoeg om enigiemand swartgalli­g te maak. Ek luister hoe my kinders voel oor wat op die oomblik aan die gang is. Wat hul bekommerni­sse is.

Jongmense sukkel om opgewonde te leef en verwag eerder die ergste as om bewus te wees van die geskenk van die nuwe dag. Vir ’n oomblik wonder ek of ons lewe ooit weer dieselfde sal wees.

Sal dit net weer normaal teen die rotresies-tempo kan voortgaan? Ons moet bewustelik rondsoek na krummels goeie nuus om ons vreugde-emmertjie mee te vul. As jy elke dag deur die slegte nuus gebombarde­er word, sit jy naderhand permanent en koes vir die skoppe en klappe van die lewe.

Dit is ’n uitdaging om ons vreugde te kry in die klein dingetjies wat so maklik by ons verbygaan. Nou is die tyd vir bestekopna­me en om te besef wat regtig belangrik is.

Ons moet vashou aan die oomblik en selfs in die reën begin dans.

Lynette Strydom, Port Elizabeth

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa