Sarie

KINDERLOSE­S TREUR ALLEEN

-

Ons het gehoop 2020 gaan anders wees. Ná jare van probeer om ’n gesin te begin, het ons versigtig optimistie­s die nuwe jaar ingegaan. Maar toe hoor ons dat ons in vitrobevru­gting onsuksesvo­l was. Die inperking was ’n seëning. Ons kon alleen oor ons groot verlies treur.

Vir paartjies wat met infertilit­eit worstel, is alleen treur niks nuuts nie. Die pandemie het dinge egter vererger. Klinieke was toe en grappies oor inperkingb­abas volop. Aan almal wat met empatie dink aan ouers wat van die huis af moes werk terwyl kinders tuis skoolgaan, dink asseblief ook so aan die een uit ses paartjies in SA wat tydens die inperking so intens bewus was van hoe kinderloos hulle is.

Soos die weke verbygegaa­n het, het ek al hoe meer geïsoleerd begin voel. Ná baie seerkry as gevolg van ander se ongevraagd­e raad het ek maande lank stilgebly. Dit het gevoel asof ek geen doel het nie.

Ek weet nou deel van my doel is om in te lig, hierdie brief is my eerste probeersla­g.

As daar ’n SARIE-vriendin in my skoene is: Moenie bang wees om te praat nie, maar kies met wié jy praat. Deel met mense wat vertroosti­ng gee terwyl jy voel wat jy moet voel. Elkeen se hartseer moet erkenning kry. Wanneer jy rou, is daar nie iets soos ’n slegte emosie nie. Die meeste klinieke het ook ’n sielkundig­e of kan jou na een verwys.

Kom ons hoor mekaar se stories met empatie aan sodat die een uit ses vroue tussen ons bietjie minder alleen kan voel. Alle raad wat jy aan jou vriendin, suster, skoonsuste­r, dogter of skoondogte­r wil gee, het sy al ’n miljoen keer oorweeg. Wat sy nodig het, is ’n skouer om op te huil en ’n oor wat met deernis luister.

Esmari Huysamen, Durbanvill­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa