Sarie

Bianca Bezuidenho­ut

-

Jy het vanjaar vir die eerste keer ingeskryf

Ek was aanvanklik bang vir die groot platform. Ek swot onderwys, en besef toe dit is eintlik die ideale geleenthei­d om jongmense te inspireer. Baie hoërskool leerders dink hulle is nie goed genoeg nie, ek was ook daar, maar nou kan ek hulle hiermee motiveer om in hulself te glo.

Jy glo dat jy jouself moet aanvaar

Dikwels kry jong kinders selfone, gaan op sosiale media en sien ’n image van hoe hulle moet lyk. Toe ek jonger was, het ek gesukkel om myself te aanvaar. My ouers het egter nog altyd vir my gesê dat ek my nie met ander moet vergelyk nie; ek hoef nie perfek of soos ander mense te wees nie. As ek gekla het oor my groot voete, dan het ek by my pa gehoor dat ek nog groot voetspore in die lewe gaan trap.

Jou pa is vir jou ’n groot inspirasie

My pa is gediagnose­er met NMO șneuromiël­itis optika, dit tas die oë en rugmurg aanț en hy is so ’n groot inspirasie vir ons hele familie. Hy kla nooit nie, en fokus nie op die negatiewe nie, net die positiewe. Ek het geleer dat ons soveel het om voor dankbaar te wees.

Jou droom is om eendag met beeste te boer

Ek stel baie belang in landbou en boerdery en my pa het met beeste geboer. Ek het twee beeste vir my verjaardag gekry – dit is darem ’n begin!

Wat weerspieël jou hare van jou?

My haarstyl is nes ek – altyd in plek en netjies. Toe ek nog jonger was, wou ek altyd dunner hare gehad het sodat ek meer goed daarmee kon doen, maar nou geniet ek my dik hare so baie. Ek het geleer hoe om dit te hanteer en op watter maniere ek my hare kan dra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa