Sarie

Simone Myburgh

-

Jy het al vyf keer vir SARIE Voorbladge­sig ingeskryf

Ek het net nie opgegee nie. Ek het nog altyd gedink miskien gebeur dit. En wraggies, toe is vanjaar die jaar! Ek was over the moon toe SARIE my bel en sê dat ek ’n finalis is. Die fotosessie was alles waaroor ek gedroom het – en nóg meer.

Jy is sestien jaar getroud en het twee seuns

Ek wil hê my seuns moet in hulself glo. Jy gaan in die lewe mense kry wat vir jou sê jy kan nie dít doen nie, dáái is onmoontlik. Always believe in yourself, daar is te veel naysayers en dream stealers daar buite. Ek glo as jy voel iets is jou passie en doel in die lewe, dan moet jy honderd persent daarvoor gaan. My man het my nog altyd geïnspiree­r en in my geglo. Hy sê ook altyd: “Waar staan dit dat jy iets nie kan doen nie?”

Jy was in 2019 Mev. Gauteng

Skoonheids­kompetisie­s gee my’ n platform om ander vroue te bereik; dit gee my die kans om jong meisies te inspireer om ook hul drome te volg. Ek het nie ná skool gaan studeer nie, want ek het gevoel ek is nie slim genoeg nie. Maar op dertig het ek besluit om by Unisa in te skryf en my bemarking s diploma gekry. Ons moet ophou om onsself te beperk!

Jy het ’n passie vir mode en modeontwer­p

Ek is mal oor die kreatiewe aspek daarvan. Ek wil graag eendag my eie aanlyn besigheid begin waar ek klere verkoop.

’n Salonbehan­deling beteken vir jou . . .

Vir my vel of naels ’n lekker bederf. Dit gee my selfvertro­ue ’n hupstoot, rond my voorkoms mooi af, en dit laat my sommer reg voel vir enige uitdaging.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa