Sarie

Zanelle Kotze

-

Jy was as kind ’n model gewees

Dit was lekker om weer ná agt jaar deel van ’n fotosessie te wees. Ek was baie jonk toe ek met modelwerk begin het en besef nou watter positiewe uitwerking dit op my lewe gehad het. Dit het my geleer om profession­eel te wees, goed Engels te praat en om te werk met diverse mense van verskillen­de kulture en nasies.

Jy studeer nou bedryf s ingenieurs­wese

Ingenieurs­wese gee my die geleenthei­d om belangstel­lings te kombineer. In my eerste semester het ek twee vakke gedop; dit was vir my ’n groot skok gewees. Maar ek het besluit om voort te gaan met my kursus, maak nie saak wat dit verg nie. Ek het volhard en die jaar gemaak. Ek het geweet ek is genoeg, en dít is wat ek wil doen.

Jy hou daarvan om met jou hande te werk

By die huis hou ek daarvan om kunstig te wees en goed te bou; nie baie mense weet dit van my nie. Ek het al my eie tafel gebou en stel belang in mosaïek. As ek iets wil doen, dan doen ek dit, want ek weet ek kan! En as ek nie kan nie, dan leer ek hoe.

Jy droom om eendag deel te neem aan die Mej. Suid-Afrikaweds­tryd

Ek was eers bang om dit hardop te sê, maar ek het besef jy moet jou drome verbalisee­r. Dit sal my die geleenthei­d bied om nuwe vaardighed­e te leer en nuwe plekke te ontdek. Doen dinge wat jou hart vinniger laat klop!

Wat weerspieël jou hare van jou?

Ek het op skool my hare baie lank laat groei en my lang hare gebruik as’ n veiligheid s kombers. Op universite­it hete k die wilde besluit geneem om my hare kort te skeer. Dit was uitdagend om daaraan gewoond te raak, maar ek glo dit het my selfvertro­ue net goed gedoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa