Sarie

Cyla Gonsolves

-

Jy het op ’n jong ouderdom ’n klerereeks begin

Die bedryf is moeilik, en ek het baiekeer gevoel ek gaan dit nie maak nie, veral wanneer jy net begin. Ek kon maklik gekies het om eerder vir iemand anders te gaan werk, maar het vasgebyt. Ek is vandag trots op my uithouverm­oë, want ek pluk nou die vrugte van my harde werk.

Jou raad aan opkomende ontwerpers

Bly by jou styl en glo in jouself. Dikwels probeer ontwerpers iets wees wat hulle nie is nie – en die klerewinke­ls se rakke is reeds vol van items wat dieselfde lyk. Doen baie navorsing, skryf in vir elke kompetisie en doen internskap­pe om meer ondervindi­ng te kry.

Jy het in 2015 ook ingeskryf vir SARIE Voorbladge­sig

Ek het ingeskryf toe ek twintig was en daarvan gedroom om my eie brand te bou. Nou voel ek dat ek ’n inspirasie kan wees vir ander vroue; die vroue op SARIE se blaaie inspireer my, en ek wil daardie vrou wees vir ’n leser.

Jy was baie na aan jou oupa gewees

My oupa was my golf coach en my hele wêreld. Sy dood aan breinkanke­r was baie skielik. Hy het altyd in my geglo, en my altyd gedruk om die beste te wees.

Toe hy siek word, het ek besef die lewe is verskrikli­k kort. Leef jou droom uit en gryp elke geleenthei­d aan, want jy weet nooit wat kan gebeur nie. Hy het my geïnspiree­r om elke dag voluit te benut.

Wat weerspieël jou hare van jou?

Ek dink my haarstyl wys baie van my persoonlik­heid. Dit het lank gevat om my perfekte haarstyl te kry, maar toe ek my eie identiteit vind, toe ontdek ek ook my gunsteling-haarstyl.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa