Sarie

Louisa van der Merwe

-

Jy het die impak van Covid-19 eerstehand­s ervaar

Ek werk in die mediese veld en bestee die meeste van my tyd saam met chirurge in die teater. Ek is deel van die medici wat Covid-19 direk moes konfrontee­r, en daar is baie personeel wat dit nie gemaak het nie. Dit het my weer eens laat besef die lewe is daar om te leef, vandag, voluit.

Jy het al uitdagings in die lewe oorkom

Ek is definitief ’n vegter. Die lewe het my al baie platgeslaa­n, maar ek staan elke keer weer op. Almal het soms ’n donker dag, maar dit gaan oor hoe jy dit hanteer en weer na die positiewe kyk.

Jy droom om eendag nog meer te reis

Ek het al baie gereis, maar ek was nog nooit in Italië nie. Ek wil ’n kookkursus doen, met my fiets ry, in Jan Hendrik van der Westhuizen se restaurant in Nice gaan eet, leer om te mediteer en die gejaag van die lewe te vergeet.

Jou boodskap aan jou jonger self

Onthou, jy is ’n individu met ’n eie temperamen­t en persoonlik­heid. Jy leef nie net toevallig vandag in hierdie land of wêreld nie . . . jy het ’n doel op aarde. Maar om dit te kan verwesenli­k moet jy eers jouself leer ken, vertrou en liefhê. Raak ontslae van die maskers in jou lewe. Aanvaar jou foute en werk daaraan. Ontdek jouself en moet nooit moed opgee nie.

’n Salonbehan­deling beteken vir jou . . .

Dit is ’n noodsaakli­kheid en lekker bederf! “Jy is genoeg” beteken ook dat jy genoeg omgee vir jouself en jouself versorg. Boonop streel ’n spabehande­ling al jou sintuie, laat jou ontspan en van alles om jou vergeet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa