Sarie

Carol van der Linde

-

Vanjaar is die eerste keer dat jy vir Voorbladge­sig ingeskryf het

Ek is daaraan gewoond om die vrou agter iemand sterk en inspireren­d te wees. My man șToks van der Lindeț is volksbesit, en ek het as strateeg agter invloedryk­e mense gewerk. Dié jaar wil ek iets vir myself doen en die kollig op my passies laat val. Ek wil myself weer leer ken, want jy kan jouself verloor as jy in ander se skaduwee beweeg.

Jy was vanjaar twee keer in die hospitaal vir jou hartsiekte

Die lewe gaan jou partykeer ’n paar taai klappe gee. Maar ek het geleer om nie in omstandigh­ede vas te kyk nie en dit gesien as ’n tyd waar ek genoodsaak word om te rus, om my hart ’n kans te gee om gesond te word . . . Luister na jou liggaam, rus en hou jou kop sterk en positief.

Jy is passievol daaroor om ander te help

Dit is vir my belangrik om terug te gee aan mense wat swaarkry. As ’n gemeenskap moet ons opreg omgee vir mekaar, dan sal ons almal sáám sterker word.

Jou boodskap aan jou jonger self

Jou waarde word nie bepaal deur ander mense nie. Jy is genoeg nes jy is. Jy het vlerke om te vlieg. Wees gelukkig met jouself. Wees lief vir jou heupe, dit gaan jou nog ver dra. Dit is oukei om nie perfek te wees nie.

’n Salonbehan­deling beteken vir jou . . .

Dit is ’n groot bederf vir die siel! Jy skakel vir ’n uur af van jou sosiale media, te-doen-lysie en verantwoor­delikhede, om net te fokus om nutriënte terug te ploeg in jou vel. Absolute rustigheid kom oor jou, en as jy uitstap, gloei jy opnuut met selfvertro­ue.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa