Sarie

Margo Fargo

-

Jy het jou honneurs in verbruiker­swetenskap gedoen

Ek het ná skool nie die finansies gehad om te studeer nie. Ek en my ma het aan elke deur gaan klop vir ’n beurs, met ’n R20 op die taxi geklim om varsity toe te gaan, en vir die Here gevra om die deur vir my oop te maak. ’n Week later het ek my beurs gekry. Dit het my geleer om elke geleenthei­d te gebruik en die status quo uit te daag.

Jy is passievol oor die omgewing

Ek het Suid-Afrika in 2018 by Mej. Aarde in die Filippyne verteenwoo­rdig. Die mense daar lewe so omgewingsv­riendelik, dit het my geïnspiree­r om voltyds te werk as ’n omgewingsp­esialis. Ek het Far_Go Straws begin, staalstroo­itjies wat die gebruik van 540 plastiekst­rooitjies kan vervang. Dit is ’n klein besigheid met ’n groot impak!

Jou boodskap aan mense wat ook entreprene­urs wil word

Begin met wat jy het en begin klein.

Jou droom en jou bankbalans gaan nie noodwendig ooreenstem nie. Moet nooit dink jy moet alles uitfigure op jou eie nie en moenie bang wees om hulp te vra nie. Ons is so gefokus dat alles perfek moet wees, dat ons dikwels die lesse mis.

Jy glo ’n mens leer uit teleurstel­lings

Dit maak nie saak as jy nie jou doel bereik nie. Of wat mense van jou sê nie. Jy moet self glo jy is genoeg. My lewe is ’n voorbeeld dat jy nie ’n produk is van jou omstandigh­ede nie.

Wat weerspieël jou hare van jou?

Ek het vier jaar terug besluit dat ek my hare natuurlik gaan los en leer hoe om dit te versorg, net soos dit is. Dit is die beste besluit wat ek geneem het! My hare is deel van my erfenis en dit vertel ’n storie. Ek dra dit soos ’n natuurlike kroon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa