ONS KANSE OP ’N NUWE VRIEND
Dalk plaas jy die moontlikheid van buiteruimtelike lewe in dieselfde kategorie as eenhorings en die vermoë om gedagtes te lees. Of vervul die gedagte jou met ontsag dat ons kans om ’n nuwe vriend te maak
1 uit 50 sekstiljoen is (1 sekstiljoen ă 1 gevolg deur 21 nulle).
Die vereistes vir lewe soos ons dit ken op ’n ander planeet: Daar moet vloeiende water wees. Water los chemikalieë op wat belangrike metaboliese reaksies veroorsaak en vervoer dit. Energie is nodig om lewe te skep en onderhou. Dus moet ligenergie (van ’n warm son of atmosfeer) of chemiese energie (van chemiese reaksies) teenwoordig wees. Om lewe te bou en in stand te hou, vereis voedingstowwe.
’n Planeet met ’n watersiklus, bewoonbare atmosfeer of vulkaniese aktiwiteit kan voedingstowwe aanvul en sirkuleer.
Dis baie spesifieke vereistes. Dit kan dus klink of die kans skraal is dat ons ’n ander planeet in ons heelal vind wat lewe kan onderhou. Tog is ons nie so spesiaal soos ons dink nie. Wetenskaplikes glo in die Melkweg alleen is daar 60 miljard planete in die bewoonbare sone. Dis nou waar die planeet warm genoeg is sodat oppervlakwater in ’n vloeistofvorm bly maar nie in gas omgesit word nie. Dit moet naby ’n ster wees of wolkbedekking hê sodat vog nie verdamp nie.
Maar nou is ons sterrestelsel net een van honderdmiljarde in die heelal. Elke sterrestelsel is propvol sterre, waarvan elkeen potensieel ’n nie-tewarm, nie-te-koue planeet kan hê. Navorsers se beste raaiskoot? Daar kan sowat 50 sekstiljoen sulke planete in die ganse heelal wees. Dude!
Bron: science.howstuffworks.com
0