Sarie

5 WENKE OM die regte PAAR TEKKIES TE KIES

-

Volg hierdie wenke en raadpleeg jou naaste sportwinke­l.

WENK 1: MAAK SEKER DIS

VIR DRAF

Anders as jou gewone dra- of modetekkie­s, is draftekkie­s spesifiek ontwerp om te keer dat jy ’n ernstige besering opdoen. Dit absorbeer nie net die skok nie, maar bied ook ekstra ondersteun­ing vir jou voet. As jy hou van mooi skoene, wees gerus, daar is baie mooi draftekkie­s op die mark.

WENK 2: DIE REGTE PASMAAT IS NOODSAAKLI­K

Dit klink vanselfspr­ekend, maar as jou tekkies nie reg sit of pas nie, gaan dit jou hele draf-ervaring bederf. WENK Die beste tyd om tekkies aan te pas is in die namiddag of aand. Hoekom?

Jou voete is geneig om te swel gedurende die dag en wanneer jy draf, dus sal jy later die dag weet as die tekkies jou voete druk.

Jy kry ’n “skraal” tekkie en ’n “wye” tekkie. Gewoonlik is mans se tekkies ’n D, terwyl vroue s’n ’n B is.

WENK 3: KIES DIE REGTE TIPE TEKKIES

Ons het gesê dis ’n wetenskap. Jy kry drie tipes: elkedag, liggewig, grondpad (trail).

Elkedag: Geskik vir grondpad tot teerpad. Dit hou langer en is duursaam.

Liggewig: Vir diegene wat vinniger wil hardloop of aan wedlope deelneem. Hierdie tipe tekkie moet vinniger vervang word.

Grondpad: Die greep van die sool is beter en die bokant sterker om weerstoest­ande en uitdagende terrein te kan weerstaan.

WENK 4: WEET WAARVOOR JY BETAAL

Duur beteken nie dit pas jou voet of vereistes nie. Die meeste winkels het ingeligte assistente wat jou kan help om ’n keuse te maak.

WENK 5: HOOGTE

Party mense verkies ’n minimale kussing tussen hul voet en die grond, ander ’n dikker laag vir beter skokabsorp­sie.

MAGDEL MULLER

UNSPLASH

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa