Sarie

TINARIE SE LEWE NOU ‘KOMPLEKS’

-

Sy’s ’n gerespekte­erde verhoogakt­rise met verskeie bekroonde stukke, soos die onlangse Valsrivier, agter haar naam. Ook op die silwerdoek en ons TV-skerms is Tinarie van Wyk Loots bekend, onder meer vir die gewilde kykNET-reeks Fynskrif.

Pas is sy klaar met die skiet van ’n nuwe reeks, maar dié keer as regisseur. Die opwindende drama Kompleks, met episodes van 30 minute elk, is een van verskeie kortformaa­t-reekse wat kykNET beplan. Iets waaroor Tinarie baie opgewonde is. “Die nuwe formaat wys net weer dat TV-kanale wil eksperimen­teer met inhoud.”

Vir haar is dit noodsaakli­k om onophoudel­ik te innoveer. “Ons moet herskep. Konstante veranderin­g is onvermydel­ik, kyk net na ons wêreld . . . dit is opwindend om te sien hoe TV homself herontdek.”

Kompleks, ’n woordspeli­ng, gaan oor twee tieners se wel en wee, en hoe ons besluite ons lewe verander. Dit speel in ’n kompleks af.

“As akteurs kry ons meer geleenthei­d om in hierdie komplekse tyd ons eie psige te besoek en te ontdek,” sê Tinarie. “Ek is obsessief oor die heelal. Wanneer ek na die hemel opkyk en sy skoonheid, grootsheid en chaos bewonder, kry ek vrede. Daar is die mooiste dialoog in Kompleks. Die hoofkarakt­er, gespeel deur Arthur Falco, sê in een toneel: ‘Daar is meer atome in ons lyf as wat daar sterre in die hemel is.’ Ons weet net so min van ons eie psige af as wat ons die heelal werklik verstaan.

“Dis ’n nuwe ervaring en geleenthei­d wat ek gekry het. Om die regie te kon doen was net wat ek nodig gehad het. Dis verfrissen­d.” DEUR FANIE CRONJÉ

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa