Sarie

SKOONHEIDS­GEHEIME

LEANDIE SE

-

SARIE se Septemberv­oorbladste­r, Leandie du Randt, het dít aan SARIE.com verklap.

JOU GROOTSTE GRIMEERGEH­EIM? Veral op dae wat ek by die huis is of net vinnig gaan gim, wend ek Nimue Sun-C Tinted SPF40 (R487) aan. Dit lyk asof ek onderlaag dra, maar dis lig en beskerm my vel. Ek wend dit byna elke dag onder my onderlaag ook aan, want jy moet sonskerm aansit!

JOU 5 MOET-HÊGRIMEERP­RODUKTE?

1. Verbloemer

2. Onderlaag

3. Maskara

4. Oogpotlood

5. Wenkbroupo­tlood

JOU BESTE HAARWENK?

Ek het dun hare, daarom gebruik ek ’n produk soos Kevin Murphy Powder Puff, ’n haarpoeier wat volume help skep, veral noudat ek ’n kort styl het. Ek gooi my kop vorentoe en gooi die poeier onder my hare by my nek, in die middel van my hare en naby my kroontjie. Dan gebruik ek my haardroër vir so ’n paar minute. Dit aktiveer die poeier vir ekstra volume.

DEUR SUANNÉ MULDER FOTO INSTAGRAM/LEANDIE DU RANDT

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa