’n Kort rok met enkelstewels was ’n wenner in SelfPortrait se Lente/ Somer 2020-reeks by die New Yorkse Modeweek.
Oscar-wenner Charlize Theron
(45) wys swart enkelstewels pas perfek by ’n kort rok.
50's
Die maksirok gedra met enkelstewels het bekoor by SelfPortrait se Lente/ Somer 2020-reeks by die New Yorkse Modeweek. Aktrise Naomi Watts (52) waag met ’n helderkleurige rok, wit enkelstewels en ’n klassieke baadjie as manteljas vir warmte.
These boots were made for walkin’, was Nancy Sinatra se 60’s-treffer. Nou stap ons eers die somermaande binne. Met enkelstewels perfek by ’n rok – lank of kort – romp of broekpak
60's
Paco Rabanne se Lente/Somer 2020-reeks by die Paryse Modeweek het die trefkrag van ’n broekpak en enkelstewels beklemtoon.
TV-persoonlikheid en sakevrou Kris Jenner (64) se ligte broekpak en enkelstewels is vars en stylvol vir die somer.
70's
Die rok met sketspatrone saam met enkelstewels was in Alexander McQueen se Lente/Somer 2020-reeks by die Paryse Modeweek te sien. Aktrise Helen Mirren (75) lyk indrukwekkend in ’n slangvelpatroonmidiromp en stewels.