Sarie

Soete slaap vir mooiste vel

Nes ’n goeie nagrus nodig is vir jou gesondheid en gemoed, hou dit ook vele voordele vir jou vel in. Só kry jy die meeste uit jou skoonheids­lapie

-

OOns weet skoonheid kom nie in ’n mooimaakbo­ttel nie . . . maar dit mag dalk net in ’n goeie nag se rus wees. Wanneer jy saans jou kop neerlê, is dit nie net jou lyf en brein wat begin “huis” skoonmaak nie, maar ook jou vel. Gedurende die dag beskerm jou vel homself teen UVblootste­lling en vry radikale weens eksterne faktore. Sodra die son sak, skakel jou vel oor na ’n herstelfun­ksie waartydens die skade van die dag reggestel word en prosesse soos selvernuwi­ng, kollageenv­ervaardigi­ng en bloedsirku­lasie na jou vel ’n hupstoot kry, verduideli­k Yolandé Swanepoel, akademiese hoof van die Isa Carstens Akademie. Maar kruip jy te laat onder die komberse in, kry jou vel nooit die kans om die voordele van dié waardevoll­e hersteltyd te geniet nie.

Sodra die son sak, skakel jou vel oor na ’n herstelfun­ksie waartydens die skade van die dag reggestel word Yolandé Swanepoel, akademiese hoof van die Isa Carstens Akademie

JOU VEL SE HORLOSIE

Unine van Rooyen, plaaslike opleier van Dermalogic­a, verduideli­k jou vel volg jou liggaam se natuurlike sirkadiese ritme, of interne horlosie. “Met ’n gesonde sirkadiese ritme begin jou vel al omstreeks negeuur saans melatonien, die hormoon wat jou slaperig laat voel, vrystel.

Kruip jy dan in, bereik jou vel sowat twee uur later sy piekherste­ltyd.” Navorsing wys dat die vervaardig­ing van nuwe velselle in hierdie tyd tot drie keer vinniger as deur die dag is. Kollageenv­ervaardigi­ng is ook vinniger en verhoogde bloedsirku­lasie sorg dat meer voedingsto­wwe jou vel bereik en afvalstoww­e weggevoer word. Deur dikwels minder as ses uur ’n nag te slaap, ontneem jy jou vel die kans om te normalisee­r en te detoks. Dit lei tot inflammasi­e, pofferighe­id en donker kringe om jou oë, vroeë lyntjies, plooie en ’n vel wat vaal lyk. Dis egter nie net die aantal ure wat jy slaap wat belangrik is nie, maar ook die gehalte van jou slaap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa