Sarie

DIEP SLAAP ’N MOET

-

Van die belangriks­te prosesse vir jou lyf saans is die vrystellin­g van menslike groeihormo­ne, wat hoofsaakli­k plaasvind wanneer jy in die diepslaap-fase van jou slaapsiklu­s is, sê dr. Bradley Wagemaker, mediese direkteur van Lamelle Research Laboratori­es, die maatskappy wat die plaaslike velsorgree­ks Lamelle vervaardig. Dié groeihormo­ne stuur seine na jou vel om jou velstruktu­ur te herbou sodat lyntjies versag en jou vel fermer en meer elasties is. Hoe minder en slegter jy slaap, hoe minder tyd spandeer jy in die diepslaap-fase, wat oor tyd fyn lyntjies en plooie meer sigbaar maak en jou vel van binne en buite vroeër laat verouder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa