Sarie

BETER SLAAP

-

Weens ons besige leefstyl is genoeg slaap dikwels makliker gesê as gedaan. Volgens Yolandé is die eerste stap om ’n slaappatro­on te kweek. Begin ’n slaaptyd-ritueel. Demp die ligte, neem ’n warm bad en werk rustig deur jou aand-velsorgroe­tine. Gaan slaap min of meer dieselfde tyd en staan dieselfde tyd op, en bêre jou selfoon, tablet of skootreken­aar minstens ’n uur voordat jy in die bed klim. Kenners is dit eens dat die blou lig van ons digitale toestelle die grootste sondaar is wat snags ons brein wakker hou. Die omgewing waarin jy slaap, speel ook ’n rol. Hou beddegoed skoon en jou slaapkamer donker en sonder geraas. Maak slaap ’n prioriteit en jou vel sal dankie sê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa