Sarie

NAGWERKERS

-

Gelukkig kan jy met ’n slim velsorgroe­tine sorg dat jou vel die meeste uit jou sluimering­sure kry. Die nag is die ideale tyd om bestanddel­e in te span wat saam met jou vel se herstel- en vernuwings­prosesse werk, soos retinoïede, alfahidrok­sisure, peptiede en antioksida­nte. “Retinoïede stimuleer die herbou van jou velstruktu­ur en werk die beste oornag omdat sonblootst­elling die molekules minder doeltreffe­nd maak. Daarby help ’n produk met antioksida­nte saans om jou vel se natuurlike voorraad, wat deur die dag ‘opgebruik’ is, aan te vul,” sê dr. Wagemaker. Snags is ook wanneer jou velprodukt­e die beste geabsorbee­r word. “Soos wat die bloedsirku­lasie na jou vel toeneem, verhoog dit die oppervlakt­emperatuur.

Dit veroorsaak dat jou vel meer deurdringb­aar is en die velsorgpro­dukte wat jy aangewend het, kan nou beter penetreer.” Ongelukkig lei dit ook daartoe dat meer vog vanuit jou vel ontsnap. ’n Ryker vogroom vol bevogtigen­de lipiede is dus ook ’n moet saans.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa